Zoom jou brein in of uit tydens aanlyn sessies?

Die 2020 COVID 19-pandemie het veroorsaak dat werksomstandighede, vergaderings en selfs konferensies binne ’n oogwink verander. Zoom en Teams was programme wat aanlyn vergaderings en aanlyn werk moontlik gemaak het en het vinnig in werkwoorde verander.

Denkvaardigheidstoets skep ernstige vrae

Vir die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Afrikaanse onderwysgemeenskap was 2023 ‘n baanbrekerjaar met die bekendstelling van ‘n nuwe aanlyn Denkvaardigheidstoets (DVT). ‘n Span kenners het twee verskillende aanlyn denkvaardigheidstoetse ontwikkel, wat deur ‘n totaal van 1553 leerders van 22 skole deur Die Wolkskool voltooi is.

Skryf nou in vir die Denkvaardigheidstoets op 31 Oktober 2023

Op skoolvlak kan en moet kinders al begin leer om kritiese denke deel van hul daaglikse omgang met die kurrikulum te maak, soos om aannames te bevraagteken, vooroordele uit te daag en nuwe idees met ʼn rasionele en skeptiese ingesteldheid te benader.

Die SOS se Denkvaardigheidstoets

Na deeglike navorsing het die SOS die DVT vir kinders in grade 4, 5 en 6 met ʼn span kundiges en eksterne konsultante saamgestel. Die vrae is in verskillende redenasievorme opgestel sodat al die kinders hul  denkvaardighede kon toon sonder om deur taal- of numeriese vaardighede verhinder te word.

Teken in op ons nuusbrief