Kweek dissipline in jou huis

‘n Gedissiplineerde omgewing speel ‘n belangrike rol om kinders geborge te laat voel. Kinders leer deur grense te toets, maar wanneer hulle in ‘n omgewing is waar die grense nie duidelik is nie, voel kinders gou onveilig. Om dit te verhoed is dit nodig om kinders se gedrag reg te beïnvloed.