Kapasiteit van Gautengse skole: Wat sê die syfers werklik?
Onlangse data wat deur die Gautengse Departement van Onderwys (GDO) vrygestel is, werp nuwe lig
op die beweerde kapasiteitsprobleme by skole in die provinsie. Volgens die syfers is daar ‘n totale
kapasiteit van 200 815 plekke vir Graad 1 en 168 836 vir Graad 8-leerders in Gautengse skole vir 2024.
Met aansoeke wat slegs 145 472 vir Graad 1 en 160 509 vir Graad 8 beloop, is daar ‘n duidelike oorskot
van beskikbare plekke.