Hoe maak ek leer vir my kind lekker?

Die Kultuurtuiste in die Voortrekkermonument, FAK en Erfenisstigting wil vir jou kreatiewe oplossings bring om leer vir kinders lekker te maak. Vele navorsingstudies het bewys dat kinders die beste leer wanneer hulle speel of doen. Ons het verskillende opvoedkundige programme vir kleuters tot tieners om die pret in leer terug te sit.