Werk saam om leerhindernisse te oorkom

Op Saterdag, 5 Oktober, bied die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) ‘n werkswinkel aan wat daarop gemik is om onderwysers te help om kinders met leerhindernisse beter te ondersteun. Hierdie geleentheid bring verskeie kenners bymekaar om waardevolle insigte en praktiese wenke te deel.