Van papier tot pixels – Geletterdheid in ’n digitale era
deur Melanie Kroukamp Onderwysspesialis: Robotika/Kodering en KI Elke jaar op 8 September herinner Internasionale Geletterheidsdag ons dat lees die sleutel is wat ál die ander deure van leer oopsluit. In Suid-Afrika is daardie sleutel egter vir miljoene kinders verlore: Die PIRLS-verslag van 2021 wys dat net 19% van Graad 4-leerders kan lees vir betekenis in […]
Leesgeletterdheid bepalend vir mens- én nasiewees

Lees is die grondslag waarop individue hulle persoonlike en sosiale identiteite ontwikkel. Dít is wat hulle in staat stel om hulle omgewing te verstaan (Leesgids vir ʼn gestruktureerde leesstrategie, SOS/AON, bl 9). Om leesgeletterdheidsdoelwitte te bereik verg dus ’n strategiese, holistiese benadering deur sowel die formele onderwyssektor as ouers.