Leesgeletterdheid bepalend vir mens- én nasiewees

Lees is die grondslag waarop individue hulle persoonlike en sosiale identiteite ontwikkel. Dít is wat hulle in staat stel om hulle omgewing te verstaan (Leesgids vir ʼn gestruktureerde leesstrategie, SOS/AON, bl 9). Om leesgeletterdheidsdoelwitte te bereik verg dus ’n strategiese, holistiese benadering deur sowel die formele onderwyssektor as ouers.