Dis Moedertaalmaand én liefdesmaand!

Wanneer ek aan Afrikaans, my moedertaal, dink, dink ek vér terug en die eerste waarneming van hoe mooi beskrywend ons taal is, was ’n opmerking van my niggietjie (destyds 4 jaar oud) wat gesê het: “my koppie is morsvol” – só raakvat-mooi gesê!

Moedertaal…hartstaal…

Afrikaans is die taal waarin my moeder my leer lees het. Dit is die taal waarin ek Wetenskap leer verstaan en opstelle op skool geskryf het. Dit is die taal waarin ek my graad op universiteit verwerf het. Dit is ook die taal waarin ek leer liefkry het en waarin my kinders hul eerste woorde gesê het. Afrikaans is die taal waarin ek dig wanneer ’n saak te swaar op my hart druk óf wanneer ek my eufories oor iets kan verheug. Dit is die TAAL wat ek my moedertaal noem … my hartstaal …

Afrikaanse leerder stof internasionale deelnemers uit in Engelse Wiskunde-toets.

Dannielle Kleyn (17), ’n graad-elf leerder aan die Hoërskool Parel Vallei in die Wes-Kaap, is as die beste vroulike deelnemer aan die Pan-Afrika Wiskunde Olimpiade gekroon. Dit is boonop die tweede jaar in ’n ry wat sy dié uitsonderlike prestasie behaal. Die Olimpiade het vanjaar tussen 31 Maart en 7 April in Muizenberg in die […]

Teken in op ons nuusbrief