Innoverende onderriggids kan uitdagings in oorvol klasse help aanspreek

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) is trots daarop om die bekendstelling van ‘n baanbrekergids, Stasierotasie, vir onderwysers aan te kondig. Hierdie gids is gerig op die implementering van die Stasierotasie-onderrigmetode in die klaskamer.