Afrikaanse leerder stof internasionale deelnemers uit in Engelse Wiskunde-toets.

Dannielle Kleyn (17), ’n graad-elf leerder aan die Hoërskool Parel Vallei in die Wes-Kaap, is as die beste vroulike deelnemer aan die Pan-Afrika Wiskunde Olimpiade gekroon. Dit is boonop die tweede jaar in ’n ry wat sy dié uitsonderlike prestasie behaal. Die Olimpiade het vanjaar tussen 31 Maart en 7 April in Muizenberg in die […]