Podvoeding S02E06: Probleemgebaseerde leer berei kinders voor vir die werklike wêreld

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Jhani Pottas Dosent in Opvoedkunde by Akademia ‘Probleemgebaseerde leer’ is ‘n onderrigmetodologie wat gewild is weens die doeltreffendheid daarvan om kritiese denke, samewerking en probleemoplossingsvaardighede by leerders te bevorder. Dit is daarom vreemd dat ons hierdie metodologie amper nooit in ons skole raakloop nie. In die jongste Podvoeding-episode ondersoek ons die […]

Podvoeding S02E05: Hoe lyk die onderwysvraagstuk van ons tyd?

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Dr. Dirk Hermann Bestuurshoof van die vakbond Solidariteit Onderwys is ‘n fundamentele deel van die menslike beskawing. Dit het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die vorming van die manier waarop ons leef, dink en interaksie met die wêreld rondom ons het. Nou staar die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ongekende uitdagings in die gesig, […]

Podvoeding S02E04: Die toekoms van die intermediêre fase

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenote: Elsabé Joubert en Leani Meintjies Meesteronderwysers by Laerskool Muldersdrif Elsabé Joubert en Leani Meintjies is meesteronderwysers wat die toekoms van onderwys reeds ʼn realiteit in hul klaskamers gemaak het. Hierdie twee geroepe opvoeders vertel jou van die suksesse van kringonderrig, Meesterkringe™, die omgekeerde klaskamer en leerervarings wat jou verbeelding sal aangryp. […]

Podvoeding S02E03: Goeie assessering is deel van ’n blink onderwystoekoms

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Hendrik de Kock Assesseringspesialis by die SOS Die woorde “assessering” en “toetse” word deesdae sommer oor dieselfde kam geskeer. Hendrik de Kock, die gasspreker vir hierdie episode, sal die Podvoeding-span se stem kry as die minister van assessering, sou daar ooit so ʼn pos geskep word. In dié episode gesels ons […]

Podvoeding S02E02: Is huiswerk nog sinvol vir leerders?

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Hildegard Brummer Wolkskool-dosent Die debat oor die waarde van huiswerk doen gereeld die rondte op onderwysgroepies op sosiale media. Om die braaivleisvuur hoor ons gereeld van ouers wat tot laat aand saam met kinders spook om huiswerktake betyds af te handel. In hierdie episode van die reeks Podvoeding, gesels ons met ’n […]

Podvoeding S02E01: Die toekoms van die grondslagfase

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenoot: Marietjie Havenga Meesteronderwyser en skoolhoof Vroeë kinderontwikkeling en die grondslagfase is in die onderwyssektor amper ʼn soort heilige plek. Dit is daardie eerste jare van kleuterskool en “grootskool” wat die grondslag van ons kinders se akademiese geletterdheid vorm en die uitwerking wat ʼn opvoeder en onderrigstrategieë op daardie jonges het, is […]

Podvoeding S01E12: Nuwe hoogtes met ou beginsels

Gespreksleier: Johan Koekemoer Gespreksgenote: Charlotte Fourie en André Badenhorst Die aanbieders van die reeks Podvoeding, Charlotte Fourie, Johan Koekemoer en André Badenhorst, vat die afgelope seisoen se episodes saam in ʼn heerlike gesprek. Hulle neem die luisteraar op ʼn reis – van die drie groot antieke stede tot diep in die 21ste eeu. Hoe het […]

Teken in op ons nuusbrief