SOS-lidskole: Die waardeaanbod wat werk

Deur die eeue heen is die onderwys­milieu blootgestel aan vele uitdagings. In die lig van die huidige druk en onsekerheid, veral met die nuwe wysigings en riglyne rondom die BELA-wetgewing, ervaar skole regoor die land die rippeleffek daarvan – op gemeenskappe én die breër onderwyslandskap in Suid-Afrika. Ongetwyfeld tref hierdie onsekerheid Afrikaanse enkelmediumskole die hardste. […]