Leesvlotheid en leesbegrip: Die verskuilde tekort in leerders se leesvaardigheid

Ons hoor dit dikwels: “Hy lees vlot.” En dan kyk almal gerusgesteld weg. Maar wat beteken dit regtig? Leesvlotheid—die vermoë om woorde hardop, ritmies en sonder haakplekke te lees is belangrik, ja. Maar dit is nie die eindpunt nie. Leesvlotheid is nie dieselfde as leesbegrip nie. Elke dag sit daar kinders in ons klaskamers wat […]

Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur – Só versterk Akademia die onderwyssektor

Die belangrikheid van én behoefte aan effektiewe onderwysleierskap en bestuursopleiding binne die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks is van toenemende belang. Akademia, in antwoord op dié nasionale prioriteitsfokus, het met die ingang van Maart 2025 ʼn splinternuwe Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur begin aanbied. Dié nuwe program het die Fakulteit Opvoedkunde se bestaande programaanbod verder verbreed. Hierdie […]

Ontgin die volle potensiaal van ’n oppervlakkige spiraalkurrikulum

deur Quinton Meades SOS-Vakspesialis: Fisiese Wetenskappe Die Suid-Afrikaanse KABV vir Natuurwetenskappe (graad 4–9) volg ‘n spiraalbenadering waar onderwerpe jaarliks herhaal word. Hoewel die teorie agter hierdie benadering is dat elke herhaling dieper insig en begrip moet bied, ervaar onderwysers dikwels dat dit eerder herhaling sonder werklike verdieping is. Inhoud soos fotosintese, elektrisiteit en eienskappe van […]

Legkaartbou in die kleuterfase: Meer as net pret

Deur Marietjie Havenga, Skoleondersteuningsentrum: Onderwysspesialis     Wanneer ’n kind voor ’n legkaart sit en vol konsentrasie probeer uitwerk waar elke stukkie pas, gebeur daar iets wonderliks – nie net op die tafel nie, maar in hul koppe. Wat vir ons na net ‘n prettige aktiwiteit lyk, is in werklikheid diep denke en breinontwikkeling wat […]

Slim plan? Groot probleem opgelos? Vertel ons – en wen!

Is jy daardie onnie wat altyd ’n plan het wanneer dinge skeefloop? Dink jy buite die boks en maak jy slim planne om jou klas of skool beter te laat funksioneer? Dan is die Onnie maak ’n plan-kompetisie presies vir jou! Jy staan ’n kans om tot R50 000 te wen, én jou skool kan ook […]

Verlig jou skool se sportveld met Afrison se Industriële LED Stadionligte!

Is jou sportveld gereed vir sy aand-debuut? Stel jou voor: Jou skool se span draf op, die skare is aan die juig, die atmosfeer is elektries… Elke oomblik, elke beweging, elke wen-doel word helder vasgevang onder kragtige ligte wat niks wegsteek nie. Afrison se Industriële Stadionlig is nie net nog ’n lig nie – dit […]

Die twee gesigte van Wiskunde: Kies jy moed of vrees?

deur Maryke Bellingan Onderwysspesialis: SOS Wiskunde – daardie vak wat óf jou kop laat sing van opwinding, óf jou maag laat draai van vrees. Het jy al ooit gewonder waarom sommige kinders Wiskunde vrees, terwyl ander daarvan hou? Is dit die getalle self wat jou bang maak, of dalk die stem wat vir jou fluister […]

Die waarde van hardoplees vir kinders in die Grondslagfase

Hardoplees vir kinders in die Grondslagfase is een van die kragtigste maniere om vir hulle ‘n liefde vir lees te kweek en ‘n stewige grondslag vir toekomstige leer te lê. In hierdie vormende jare (Graad R tot Graad 3) ontwikkel kinders se taalvaardighede, luisterbegrip en kognitiewe vermoëns vinnig. Hardoplees speel ‘n deurslaggewende rol in hierdie […]

Is jy ’n fluitjieblaser of ’n rasieleier?

Deur Marietjie Havenga Onderwysspesialis: SOS   Stel jou voor: Dis ’n Maandagoggend, en jy staan voor jou klas. In jou een hand hou jy ’n fluitjie, en in die ander ’n drom vol moontlikhede (en dalk ook ’n koppie koffie—want kom ons wees eerlik, dis Maandag). Nou het jy ’n keuse: Jy kan óf die […]

Pi: Die getal wat Wiskunde ‘n fees maak!

deur Hildegard Brummer Onderwysspesialis: SOS   Toe ek klein was, het ek gedink pi is iets wat jy as nagereg eet. As tiener het ek uitgevind dis daardie ding wat jy laatnag by ‘n vulstasie koop as jy lus is vir voedselvergiftiging. Dit was eers toe ek in die klas begin aandag gee het, dat […]

Teken in op ons nuusbrief