Organisasies kap GDO se roekeloosheid met graad R-plasings

Die Gautengse Departement van Onderwys (GDO) word in ʼn formele skrywe aangeraai om sy beplande insluiting van graad R in die sentrale aanlyn toelatingstelsel vir 2027 te hersien. In hierdie gesamentlike skrywe van Solidariteit se Onderwysernetwerk, die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en AfriForum, word gewaarsku dat die oorhaastige besluit nie net onrealisties is nie, maar moontlik […]
Skerms en klein kindertjies: wat ouers en opvoeders moet weet

deur Marietjie Havenga Vroeëkinderontwikkelingspesialis Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) In vandag se digitale wêreld is skerms deel van kinders se daaglikse lewe – selfs van ’n baie jong ouderdom af. Vir onderwysers, versorgers en ouers van kinders tussen 0–9 jaar is die groot vraag nie óf kinders skerms moet gebruik nie, maar hóé en hoeveel. Hier […]
Onderwysers bepaal Wiskunde-sukses, nie geld nie

2026-04-21 Volgens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se opname van skole met die meeste Wiskunde-onderskeidings, relatief tot hul kandidaatgetalle, het Soqhayisa oor drie jaar besonder sterk presteer: tweede in 2023, eerste in 2024 en 25ste in 2025. Oor dié tydperk het die skool gemiddeld 38% Wiskunde-onderskeidings behaal, met sowat 33 onderskeidings per jaar. Teenoor ’n nasionale […]
Is miljoene vir skolesport regverdigbaar?

2026/04/17 Rapport se onlangse berig oor miljoene rande wat toenemend aan eerstespan-rugby by skole bestee word, het ’n gesprek oopgemaak wat lankal nodig is. Vir baie ouers, onderwysers en oudleerders is skolerugby immers veel meer as net ’n wedstryd op ’n Saterdagmiddag. Dit is verweef met gemeenskapslewe, identiteit, tradisie en trots. Maar wanneer besteding begin lyk soos […]
Vyf wenke om jou beeste in een kraal te hou

Deur Carna Cloete Landbouvakspesialis: SOS Die tweede kwartaal is hier, en baie van ons herstel nog van die gejaag en uitdagings van kwartaal een. Vir baie landbouleerders begin die gedagtes reeds dwaal na die plaas en die Junie-vakansie, maar intussen wag daar nog ’n belangrike doelwit: die Junie-eksamen. Die uitdaging is nie net om kinders fisies […]
Speel is nie die pouse tussen leersessies nie

Deur Melanie Kroukamp Onderwysspesialis: Robotika/Kodering & KI Wat begin met net ses kleurvolle bakstene, eindig dikwels met iets baie groter: onderwysers wat lag, bou, dink, beweeg, saamwerk en skielik besef: “Wag ’n bietjie… ek kan dit môre in my klas gebruik!” Sedert die begin van die jaar het SOS reeds verskeie Six Bricks-geleenthede aangebied om […]
KI in skole: Die gesprek is groter as een organisasie, een beleid of een hulpmiddel

Deur Melanie Kroukamp Onderwysspesialis: Robotika/Kodering & KI As iemand wat daagliks met skole, onderwysers en leiers oor KI werk, probeer ek doelbewus luister na wat in die breër onderwyslandskap gesê word — nie omdat enige enkele persoon of organisasie al die antwoorde het nie, maar omdat hierdie gesprek te belangrik is om in silo’s gevoer […]
KI sal nie jou klas verwoes nie, maar ‘copy-paste-leerders’ gaan probeer.

Deur Melanie Kroukamp Onderwysspesialis: Robotika/Kodering & KI KI gaan nie verdwyn nie, en leerders gáán dit misbruik. Dit is ‘n feit soos ‘n koei, en daar is geen manier om verby hierdie waarheid te kom nie. Ons kan dit probeer ignoreer, ons kan dit probeer verbied, maar dit is reeds hier. Dit is hier waar […]
Geskiedenis moet begrip skep, nie ideologie verkondig

deur Melanie Buys Hoof van Ontwikkeling: SOS Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het op 20 Maart 2026 ’n hersiene Geskiedenis-kurrikulum vir openbare kommentaar bekendgemaak. Hierdie stap volg op vorige pogings om Geskiedenis as verpligte vak vir Graad 10–12 in te stel. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) ondersteun in beginsel ’n sterker fokus op Suid-Afrikaanse […]
Die gevaar is nie KI nie, dis die uitkontraktering van ons denke

deur Melanie Kroukamp Ek het onlangs op Pretoria FM se Impak saam met Este Gross gesels oor UNISA se kommer dat studente KI in eksamens misbruik. Ons sê gou: “Die KI hulpmiddels is te maklik beskikbaar.” Beskikbaarheid is nie dieselfde as gebrek aan integriteit nie. KI is nie die skurk in hierdie storie nie. Ek […]