Woordeboeke: ‘n Onmisbare bondgenoot in die klas

In ’n wêreld waar kommunikasie en taalvaardighede hoog op die lys van sukses is, kan ’n woordeboek ’n onmisbare bondgenoot in die klaskamer wees – vir onderwysers én leerders. ’n Woordeboek behoort veel meer as ’n stowwerige boek op ’n rak te wees – dit kan die deur na ’n wêreld van woorde en betekenisse oopsluit.