Tegno-tiener wen R30 000 in die Wolkskool en Virseker-kop-in-die-wolke-kompetisie

2022-04-06

Burnedine Matthews van Hoërskool Goudrif, in Germiston, is die nuutste wenner van R30 000 in die Wolkskool en Virseker se Kop-in-die-wolke-kompetisie. Die kompetisie beloon mense wat aktiewe Wolkskool-profiele wat ook ʼn kwotasie of ʼn polis by Virseker het.

v.l.n.r. Anita Matthews, Burnedine Matthews en Hugo Vermeulen (Hoof van Opleiding by die SOS)

Burnedine is tans in Graad 8 en is een van vyf kinders wat woon by Anita Matthews. Burnedine is nog altyd erg oor tegnologie en kan gereeld gekry word waar sy op haar foon besig is om video’s op die internet te kyk. Sy kyk ook deesdae veral graag die Wiskunde en Wetenskap-video’s op Die Wolkskool.

Die R30 000 prysgeld word aan Hoërskool Goudrif oorbetaal om te help met Bernadine se skoolfonds.

Dié kompetisie wat deur Die Wolkskool en die Virseker Trust aangebied word, gee elke maand R30 000 se skoolgeld weg aan ʼn  gelukkige gesin wat ʼn aktiewe profiel op Die Wolkskool het en ʼn Virseker-kwotasie aanvra.  As jy ʼn bestaande Virseker-kliënt is, hoef jy net by die Wolkskool te registreer om in aanmerking te kom, en as jy ʼn kliënt is wat reeds geregistreer is, kom jy outomaties in aanmerking. Volgens, Leon Fourie, uitvoerende hoof van die SOS, bied Die Wolkskool vir ouers en leerders gemoedsrus oor hul akademiese prestasie en is dit ʼn winskoop teen slegs R95 per maand. Skryf vandag nog in vir die kompetisie deur die kompetisieblad te besoek by: https://www.virseker.co.za/bel-jou-virseker-wolkskool/?vdn=VSWKC&utm_medium=organic-social&utm_source=facebook&utm_campaign=Virseker-Wolkskool&utm_content=CR-Skakel&fbclid=IwAR2OIWgXGE2nfMYoKtB4cvzhWjYS6wZuFWbuaNf_OD0_DM3Un5LeiBjuT2I

Tegno-tiener wen R30 000 in die Wolkskool en Virseker-kop-in-die-wolke-kompetisie

Gesels met ons