fbpx
  • Home
  • Tegnologie gee Wiskunde-plakkate lewe

Tegnologie gee Wiskunde-plakkate lewe

2

0 comments

‘n Unieke plakkaatreeks wat van tegnologie gebruik maak om statiese plakkate lewend te maak, is bekendgestel. Die Verruklike Wiskunde-plakkate bevat QR-kodes wat dit vir leerders moontlik maak om na video’s en oefeninge op Die Wolkskool te gaan kyk wat kernkonsepte verder verduidelik.


Die hele projek is deur die AON gekoördineer en verskillende rolspelers en vennote is betrek. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) het die leiding geneem met die samestelling en ontwerp van die plakkate of muurkaarte vir graad 11- en 12-leerders.

Lampies Lötter (Wolkskooldosent), Hendrik de Kock en Maryke Bellingan het die beplanning van die plakkate behartig en ervare meesteronderwysers by verskeie skole is betrek met die laaste redigeringsprosesse. Spesialiste het boonop addisionele QR-kodes op elke plakkaat ingesluit waar ’n tipiese eksamenvraag van die onderwerp bespreek word.

Volgens Hugo Vermeulen, hoof van Opleiding by die SOS is hierdie plakkate heelwat anders as tradisionele plakkate. “Dit is heerlik interaktief met ‘n praktiese klem op, en toepassing van, wat Wiskunde-konsepte binne sekere onderwerpe behels.”

Die eerste vyf onderwerpe behels o.a. “Vind die hoek in driehoek”, “Ogief”, “Hoe vinnig ry jy?”, “Derdegraadse grafieke” en “Waar verskille ontmoet”.

Die beplanning vir ‘n soortgelyke volledige plakkaatreeks vir graad 4 tot 10 is in ontwikkeling. Daar word ook nuwe plakkaatreekse vir Wetenskap in die vooruitsig gestel.

Kontak vir Maryke Bellingan vir meer inligting.


About the Author

Follow me


{"email":"Email address invalid","url":"Website address invalid","required":"Required field missing"}