
Tegniese Vakvereniging (TV)
Tegnologie (IGO, Meganiese-, Elektriese- en Siviele Tegnologie) ontsluit ‘n reeks moontlikhede vir enige leerder wat die vakke neem.
Die Tegniese Vakvereniging (TV) bied daarom professionele opleiding, in die vorm van middagseminare, webinare en kort kursusse, asook weeklikse beplanning en werkkaarte wat die onderwysers in staat stel om met vars, nuwe idees kennis oor te dra.
Hoof: Hugo Vermeulen
SOS-vakverenigings: Algemene inligting
Elke vakvereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za). Sien die lys van SOS-lidmaatskapvoordele onderaan.
Koste van lidmaatskap aan vakverenigings:
- Individuele lidmaatskap per onderwyser, per vakvereniging, per jaar (skool betaal) – R239
- Individuele lidmaatskap per onderwyser, per vakvereniging, per jaar (betaal self) – R409
Lidmaatskap is slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.
Studente en onderwys-assistente sluit aan teen afslagprys per vakvereniging:
- Skool betaal vir student/onderwysassistent: R116
- Student/onderwysassistent betaal self: R205
Grondslagfase-onderwysers mag slegs vir een graad aansluit.
VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:
- Toegang tot alle hulpbronne op die SOS se onderwysersportaal by onderwysers.co.za
- Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R301 per seminaar vir nie-lede)
- Gratis aanlyn SARO-kursusse (waarde – R201 per kursus vir nie-lede)
- Afslag by kongresse (sien Nasionale kongres – Gauteng en Streekskongres – Wes-Kaap)
- Addisionele voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag van R500 by die kongres.
Vir meer inligting, kontak vir Colette Scott by [email protected].