fbpx

Verbeter jou kind se kans op goeie uitslae in Besigheidstudies

Na die 2018-Matriekeindeksamen het die Skoleondersteuningsentrum (SOS) honderde klagtes ontvang vanaf skole landswyd, met betrekking tot die uitslae in Besigheidstudies.In baie gevalle verskil uitslae van die matriekeksamen drasties van leerlinge se jaarpunte en in sommige gevalle het skole se slaagsyfers vir Besigheidstudies amper halveer sedert Junie verlede jaar.

“Daar is sedert 2014 ’n stelselmatige afname in die slaagsyfer en aantal onderskeidings in Besigheidstudies tydens die matriek- eindeksamen. Onderwysers kry geen antwoorde vanaf die Departement van Basiese Onderwys (DBO) in dié verband nie en voel hul klagtes val op dowe ore,” sê Hugo Vermeulen, onderwyskenner verbonde aan die SOS. “Sommige leerders het selfs universiteitskeuring en beurse verbeur omdat hul toelatingspuntetelling (TP-telling) skielik te laag is, weens die swak Besigheidstudie-uitslae.”

Nadat die SOS vasgestel het dat meer as 70% van die Besigheidstudies-vraestel se memorandum ooreenstem met inhoud van die departementele hulpgids Mind The Gap, het die SOS besluit om die gids in Afrikaans te vertaal en beskikbaar te stel vir leerders teen ʼn baie lae tarief.’

Kry jou eie Mind The Gap Afrikaans en put die meeste uit jou eksamenvoorbereiding.

Gaan koop jou kopie op: https://markplein.co.za/products?grade=graad%2012&subject=Besigheidstudies


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Tags


Lees meer...