Lidmaatskap aan individue
Enige individu binne die onderwyssektor mag as 'n lid aansluit by die SOS deur 'n lid te wees van
Aantreklike voordele sluit in:
- Lidvoordele vir Solidariteit o.a. regshulp
- Toegang tot SOS se Raadsale (alle vakverenigings) en Wolkskool-inhoud
- 20%-afslag by SOS se Nasionale Kongres
- GRATIS bywoning van alle SOS-seminare (tans R250 per persoon)
Lidmaatskap aan SOS-ledeskole
Beskrywing | SOS-ledeskole |
---|---|
Lidmaatskap: | Skole sluit aan volgens pakette (Sien individuele opsie hierbo) |
Koste: | Skoolpakket (EFT): Sien kostes onder |
Lidmaatskap by SOS-vakverenigings: | Toegang tot alle SOS-vakverenigings |
Solidariteit Onderwysernetwerk voordele: | Addisionele Solidariteit Onderwysernetwerkvoordele uitgesluit |
Raadsale en hulpbronne: | Toegang tot raadsale/hulpbronne |
Webinare: | Gratis toegang tot webinare |
Seminare: | Seminare @ R250 p.p. |
Kongres: | Kongresafslag: @ 10% skoolafslag |
Bywoningsertifikate: | SARO-bywoningsertifikate ingesluit |
Basislyn-assessering: | R500 registrasie |
Die Wolkskool: | Toegang tot Wolkskool slegs vir onderwysers |
S-Leer: | Afslag op S-Leer kursusse |
Vraagbank: | Toegang tot Vraagbank |
Slypskole: | Afslag op slypskole |
Skole:
Kategorie (Koste bereken volgens totale aantal leerders in skool) | Kostepakket |
---|---|
0 - 400 | R 4 000,00 |
401 - 800 | R 6 000,00 |
801 - 1000 | R 8 000,00 |
1001 - 1200 | R 10 000,00 |
1200+ | R 12 000,00 |
L.W. Pakkette gee slegs toegang tot Die Wolkskool-inhoud vir onderwysers, leerders sluit steeds individueel deur Die Wolkskool-platform aan.
Kleuterskole:
Kategorie (Getal leerders) | Kostepakket |
---|---|
0 - 50 | R 1 500,00 |
51 - 100 | R 2 500,00 |
101+ | R 3 500,00 |
Vrae en antwoorde:
Skole kan as geheel aansluit by SOS se vakverenigings. Ons vorige onderwysersplatform word geïntegreer met Die Wolkskool-platform, wat addisionele voordele en ’n meer gebruikersvriendelike ervaring gaan bied.
Die SOSV of skakelpersoon van die skool sal steeds op die skakels van ons hoofwebwerf by skole.co.za kan registreer of kontak [email protected].
Alle onderwysers, administratiewe personeel en bystandpersoneel kan registreer aangesien daar vir hul almal unieke voordele aan verbonde is.
Met registrasie sal daar ’n skakel na ’n aanlyn vorm wees waarop elke personeellid se besonderhede voltooi moet word. Die skool se SOSV óf genomineerde kontakpersoon wat die registrasie namens die skool gaan behartig, moet asseblief al die nodige inligting invul.
Indien inligting nie volledig voltooi is nie, sal dit die toegangsproses tot die nuwe platform vertraag.
Inligting wat verlang word vir aansluiting: Naam & van; ID-nommer; selfoon-nommer; SARO/SACE-nommer; e-posadres en posisie.