Verenigings
Inligting en koste
Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur Die Wolkskool in die vorm van Raadsale.
Alle lede het ook toegang tot die Vraagbank.
Voordele van lidmaatskap
Enige individu binne die onderwyssektor mag as ‘n lid aansluit by die SOS deur ‘n lid te wees van Solidariteit Onderwysernetwerk (SON)
- Solidariteit-lede geniet toegang tot SOS-hulpbronne en Die Wolkskool (slegs onderwysers)
- Gratis bywoning van seminare, webinare, slypskole en basislynassessering
- SARO-bywoningsertifikate
- 20%-afslag vir die SOS-Kongres
- Toegang tot die Vraagbank
- Volle toegang tot S-Leer
- Alle Solidariteit Onderwysernetwerkvoordele, o.a. Arbeidsdienste (Solidariteit-lidmaatskap: R190 per maand)
Sien koste hier:
Vrae en antwoorde
1. Kan skole as geheel aansluit by die SOS-verenigings?
Skole kan as geheel aansluit by SOS se vakverenigings. Ons vorige onderwysersplatform word geïntegreer met Die Wolkskool-platform, wat addisionele voordele en ’n meer gebruikersvriendelike ervaring gaan bied.
2. Waar sal skole kan registreer?
Die SOSV of skakelpersoon van die skool sal steeds op die skakels van ons hoofwebwerf by www.skole.co.za kan registreer of kontak [email protected].
3. Watter personeellede van ’n skool kan/moet registreer?
Alle onderwysers, administratiewe personeel en bystandpersoneel kan registreer aangesien daar vir hul almal unieke voordele aan verbonde is.
Met registrasie sal daar ’n skakel na ’n aanlyn vorm wees waarop elke personeellid se besonderhede voltooi moet word. Die skool se SOSV óf genomineerde kontakpersoon wat die registrasie namens die skool gaan behartig, moet asseblief al die nodige inligting invul.
Indien inligting nie volledig voltooi is nie, sal dit die toegangsproses tot die nuwe platform vertraag.
Inligting wat verlang word vir aansluiting: Naam & van; ID-nommer; selfoon-nommer; SARO/SACE-nommer; e-posadres en posisie.
4. Hoe sal betaling werk?
Sodra die aanlyn registrasieproses voltooi is sal jy onmiddelik per e-pos ‘n proforma-faktuur ontvang volgens die pakket-opsie wat jy gekies het, asook die skakel wat jou na die aanlyn vorm toe neem om die betrokke persone se besonderhede in te vul. Sodra betaling ASOOK alle besonderhede van elke lid ontvang is, sal elke persoon individuele kommunikasie ontvang om sy/haar eie Wolkskool profiel te gaan skep. Daarna sal personeellede toegang verkry tot die raadsale en inhoud.
5. Buiten vakgerigte hulpbronne, watter nuwe voordele is daar vir skole om aan te sluit?
Toegang as onderwyser tot al Die Wolkskool se video’s, werkkaarte, assesserings en elektroniese handboeke. Voorts gaan onderwysers toegang kry tot die SOS se splinternuwe Vraagbank waar hulle toetse en vraestelle kan genereer met reeds gemodereerde vrae. Sien volledige voordelelys hierbo.
6. Sal individue nog kan aansluit by SOS?
Ongelukkig nie, slegs skole kan aansluit. Die nuwe skole-aanbod is uiters billik en bied ’n groter waarde-aanbod vir die volle personeel. Daar word tans gewerk aan ’n baie aanloklike nuwe individuele aanbod wat vroeg in 2025 bekendgestel sal word. Indien ons jou moet herinner aan ons individuele aanbod, sleutel asseblief jou besonderhede hier in.
7. Op watter leerlingtal word daar gewerk ten einde die skaal te bepaal?
Op 2024 se volle ingeskrewe leerlingtal van elke skool. Dit behoort te korreleer met die 15de skooldagstatistiek. Skole met hul eie kleuterskole self besluit of hulle die kleuterskool apart wil laat registreer of eerder as deel van die skool.
8. Waarvoor moet my skool alles begroot vir SOS in 2025?
Buiten skale vir registrasie, ten minste een fisiese seminaar per onderwyser @ R150/persoon, asook die jaarlikse nasionale SOS-kongres (11 – 13 Junie) waar SOS-skole 20% afslag sal ontvang.
9. Watter voordele sal daar vir die SOSV/skakelpersoon wees?
50% afslag vir die skool se SOSV vir bywoning van ons SOS-kongres, asook ’n persoonlike geskenk met registrasie by die kongres.
10. Waar kan ek enige verdere navrae rig?
Aan [email protected].
Verenigings/Raadsale
Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV)
Grondslagfase: Graad R tot 3
E-pos: [email protected]
Afrikaanse Handelsvakvereniging (AHV)
Rekeningkunde, Besigheidstudies en Ekonomie: Graad 8 – 12
E-pos: [email protected]
Algemene Onderwysvereniging (AOV)
Algemene vereniging vir alle personeellede
E-pos: [email protected]
Dr. Japie van Zyl-robotikavereniging (JAPIE)
Robotika en Kodering
E-pos: [email protected]
Genootskap vir regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT)
Afrikaans Huistaal: Graad 4 – 12
Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 4 – 12
E-pos: [email protected]
Kleuterskoolvereniging (KV)
Kleuterskoolbestuur en -personeel
E-pos: [email protected]
Leierskapsvereniging (LV)
Skoolhoofde, adjunkhoofde en departementshoofde
E-pos: [email protected]
Rassie Erasmus-sportvereniging (SPORT)
Sportafrigters en -organiseerders
E-pos: [email protected]
Sosiale Wetenskappe-vereniging (SW)
Geskiedenis, Geografie en Sosiale Wetenskappe: Graad 4 – 12
E-pos: [email protected]
Tegniese Vakke-vereniging (TV)
IGO, Elektriese Tegnologie en Tegnologie
E-pos: [email protected]
Vereniging vir Afrikaanse Wiskundeonderwysers (VAW)
Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid en Tegniese Wiskunde: Graad 4 – 12
E-pos: [email protected]
Engels Eerste Addisionele Taal Vakvereniging (ENG)
Engels EAT: Graad 4 – 12
E-pos: [email protected]
Vereniging vir Onderwysers van Lewensoriëntering (VOLO)
Lewensoriëntering: Graad 7 – 12
E-pos: [email protected]
Kunsvereniging (KUNS)
Visuele kuns: Graad 7 – 12
E-pos: [email protected]
Landbouvakvereniging (LBV)
Landbouwetenskap, -bestuurspraktyk en -tegnologie: Graad 10 – 12
E-pos: [email protected]
Met gehalteonderrig bou ons 'n volhoubare toekoms
Kontak ons
As jy enige vrae het of meer inligting oor die SOS benodig, vul gerus ons kontakvorm in. Ons span is gereed om jou te help en enige navrae so spoedig moontlik te beantwoord. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk en die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys verder te bou.