fbpx
  • Home
  • Voorbeeldantwoord vir Afrikaans Huistaal Vraestel 1

Voorbeeldantwoord vir Afrikaans Huistaal Vraestel 1

Copy of GRATIS 8

0 comments

Die Afrikaans Huistaal Vraestel 1 het wisselende kommentaar van leerders ontlok. Volgens hulle het die moelikheidsgraad ook gevarieer en bykans almal was dit eens dat “fyn lees” die bepalende faktor vir sukses sou wees.

Met dit in gedagte sou leerders, wat alle taalstrukture en -konvensies goed onder die knie gekry het, goed voorberei het vir die eksamen en skerp gelees het, goed na baie goed kon presteer.

Die tegniese versorging van die vraestel

Wat die uiteensetting van die vraestel betref, voldoen die vraestel aan die inhoudelike en tegniese KABV- en NSS-vereistes. Alle tekste is relevant en het aan die leessmaak en leefwêreld van die meeste leerders voldoen. Die bladuitleg van tekste en vrae is goed. 

Die Leesbegrip (Afdeling A, Vraag 1)

Sommige leerders het aangedui dat die Leesbegrip vir hulle moeilik was óf dat hulle bepaalde vrae oor en oor moes lees om te verstaan wat gevra word en wat die antwoorde moet wees.

Na ontleding van die verspreiding van die Leesbegrip se kognitiewe vlakke, is bevind dat die vlakke min of meer met die KABV-vereistes ooreenstem. In die 2019-vraestel blyk die vlakke as volg, naamlik Vlak 1 en 2 = 16 punte (53%), Vlak 3 = 12 punte (40%) en Vlak 4 en 5 = 2 punte (7%). Daar is meer Vlak 1-vrae as wat voorgestel word en daarom behoort die Leesbegrip nie as “moeilik” deur leerders ervaar te word nie.

Die leerders met wie onderhoude gevoer is, het die stapelvrae en vraagnommers 1.4, 1.5, 1.7, 1.9 asook van die vrae by Teks B (Strokiesprent) uitgelig as dié wat hulle moelik gevind het. In bykans al dié gevalle is dit Vlak 3-vrae (Afleidings wat gemaak moet word) wat vir baie leerders moeilik was of uitgeknikker het. Vrae 1.8.1 en 1.8.2 het veral vir die eksamenkandidate ‘n begripsprobleem geskep omdat die vrae en die antwoorde na aan mekaar gelê het. Sommige leerders het ervaar dat die vrae dubbelsinnig gevra is. Die wyse waarop vrae gestel word, mag verwarrend vir leerders wees, maar dit is juis belangrik dat leerders fyn onderskei oor wat die oogmerk van ‘n bepaalde vraag is.

Na ons mening loop dié verskynsel hand-aan-hand met die PIRLS-verslag (2016/2017) se bevindinge. Daarvolgens het baie leerders ‘n onvermoë om tekste fyn te lees, betekenisse te interpreteer en nuut in antwoorde weer te gee.

Een ding staan soos ‘n paal bo water – onderwysers sal baie aandag in klaskamersituasies aan die lees van tekste en die maak van afleidings moet gee. Doelgerigte inoefeningstrategieë, met die klem op “afleidings maak”, behoort fyn beplan te word.

Opsomming (Afdeling B, Vraag 2)

Die beantwoording van die opsomming het geen probleme opgelewer nie. Anders as die gewone “wenke” wat oor ‘n bepaalde teks gevra word, moet leerders voorbeelde van olifantgedrag gee.

Dié tipe verandering behoort ook aan leerders uitgewys te word, aangesien hulle “skerplees”-vermoëns opgeskerp behoort te word.

Taalstrukture en -konvensies (Afdeling C, Vrae 3 tot 5)

Die verpreidings van die vrae oor die kurrikulum heen is redelik verteenwoordigend, buiten dat geen vrae oor Betekenisleer gevra is nie. Daar is wel ongeveer ses vrae uit die afdeling, Kritiese Taalbewustheid gevra.

Vir die leerders was dié afdeling billik aangesien baie van hulle etlike vorige vraestelle uitgewerk het en besef het dat dié afdeling deeglik bestudeer behoort te word.

‘n Vraag wat wel uitgelig is, is vraag 5.7 wat oor “verbindingswoorde” handel. Die begrip word in die KABV (VOO-fase, p. 105 en Senior Fase, p. 52) aangehaal.

Leerders moet altyd deeglik bewus wees van al die elemente wat in die KABV weergegee word sodat hulle deeglik vir die NSS-eksamen kan voorberei.

Laai die voorbeeldantwoord hier onder af:


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Follow me


{"email":"Email address invalid","url":"Website address invalid","required":"Required field missing"}