fbpx

Vyf goed wat ouers by die huis kan doen om klein Wiskunde-wenners te kweek

deur Johan Koekemoer, Onderwysspesialis: Wiskunde

Covid 19 maak jou kind toekomsgereed 17

Kinders is van nature nuuskierig. Dié nuuskierigheid taan ongelukkig soos kinders deur die skoolbanke beweeg. Ontdekking word met resepte vervang word. Wiskunde is die een vak wat in die slag bly wanneer kinders hul nuuskierigheid verloor.

Soos kinders deur die skoolbanke beweeg word hul outonomie oor hul eie ontdekkingsreise weggeneem deur ouers wat hul dinkwerk vir hulle doen Dit alles in die gejaag na goeie punte. Dié aanslag val gewoonlik plat soos leerders Hoërskool betree omrede ouers nie meer kan help nie. Dus moet jou kinders se aard goed ingeskerp word voordat hulle skool toe gaan sodat indien die versoeking voor hulle deur sou staan om algoritmes en rympies te leer vir hulle sal verveel. Daar is wel ’n manier hoe ouers hul kinders reg kan help met Wiskunde. Hier volg 5 wenke:

  • Praat Wiskunde: Wanneer ook al ’n geleentheid daar is om Wiskunde te praat gebruik dit. Gebruik woorde soos: dieselfde as, groter, langste, meeste, half, gelyk, ongeveer. Dit is belangrik dat die woorde in die konteks van konkrete voorwerpe geskied. Byvoorbeeld: as ek ’n hand vol smarties en ’n hand vol nicker balls het watter hand sal die meeste lekkers bevat? Vermy enige vorm van “babataal”.
  • Vra vrae: Kinders wat vrae vra met die rustigheid dat hulle nie altyd al die antwoorde self hoef te antwoord nie sal met gretigheid ontdek. Ouers moet nie in die slaggat trap en dink dat hulle alle antwoorde vir leerders te gee nie. Dit is baie belangrik om eerlik te antwoord indien jy nie iets weet nie, maar dit is belangriker opvolg vrae te vra en saam met jou kind ’n oplossing te soek.
  • Soos hoekom is een kilogram goud dieselfde gewig as een kilogram spookasem?
    • Hoekom is die brandstof verbruik van my een motor beter as my ander motor?
    • Hoekom loop die krag vinniger uit op die kragmeter tydens winter as in die somer?
  • Al hierdie vrae het ’n ryk Wiskunde ontdekkingsroete waarlangs iemand kan stap. Die slegte eienskap vir enige potensiële Wiskunde-wenner is iemand wat dink hulle weet alles.
  • Speel buite: Ruimtelike begrip op ’n konkrete vlak is ’n voorvereiste vir ruimtelike begrip op ’n abstrakte vlak. Kinders wat speel deur te klim en te klouter ontwikkel voorstellings van voorwerpe wat hulle later in hulle lewe op ’n gedagtevlak kan manipuleer.
  • Skep probleme: Een van die belangrikste eienskappe van ’n Wiskunde-wenner is ’n oop-ingesteldheid wat probleemoplossend is. Daarvoor moet ouers vermy om takies vir hulle kinders te doen. Kinders moet weet dat probleme is oplosbaar indien ons genoeg moeite insit. Ouers kan inisiatief neem om vir hulle kinders probleme te skep wat hulle kan oplos. Byvoorbeeld: Verdeel ’n ongelyke hoeveel lekkers tussen ’n gelyke hoeveel boeties en sussies sodat almal presies ewe veel het. Help ma om die koekieresep te verdrievoudig.
  • Meet reg: Die stert swaai gereeld die hond in ons huise. Uitslae op toetse of rapporte dikteer onregmatig die manier hoe ons ons kinders meet rakende Wiskunde. Ouers moet eerder na die volgende kyk wanneer hulle wil weet of hul kinders op die regte pad is: Hou my kind aan ongeag of hy regkry wat hy doen of nie, kan hy vasbyt. Raak my kind opgewonde as hy iets teëkom wat hy nog nie gesien het nie. Speel my kind meer buite as wat hy op sy foon speel. As ’n oud-ingenieurstudent kan ek met sekerheid sê dat die mees suksesvolste studente was selde die dux-leerders van hul skool, maar dié wat kon aanhou wanneer almal anders al opgegee het.

Wiskunde is in werklikheid nie so abstrak soos wat die skoolsillabus dit uitmaak nie. Wiskunde as ’n abstrakte taal verklaar net die wat ons kinders elke dag tussen hulle tone voel. Wiskunde se wortel lê diep in die werklik en ons interaksie met die werklikheid gemeng met ons nuuskierigheid om dit te verstaan en verklaar sal van ons Wiskunde-wenner maak.

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.


Tags


Lees meer...