Die tweede kwartaal is op hande en dalk wil jy sekermaak dat jou klaskamer is op standaard. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se Afrikaanse Grondslag-vereniging (AGV) het ’n lys saamgestel met handige wenke vir jou nuwe Grondslagfase-klaskamer.
Die beste raad wat ons vir enige onderwyser kan bied is om vroegtydig te begin om jou Grondslagfase-klaskamer reg te kry. Moenie tot nommer 99 wag voor jy begin nie en moenie te veel los vir die twee of drie dae voor die skool begin nie. Doen die meeste voorbereidings in Desember en kry die basiese reg.
Wat het ek nodig?
- ’n Tafeldoek.
- Gordyne. (Dames, hiermee gaan jy dalk hulp nodig hê met die installasie, veral as jy gate gaan moet boor in die muur.)
- Skoonmaakmiddels en ’n lap.
- Graadeen-onderwysers benodig naamkaarte van al die leerders (17mm) op hul eie tafel geplak.
- Prente teen die muur.
- Vir Graad 1: Aan die begin van die jaar moet daar geen letter- en syferplakkate teen die muur wees nie. Dit word deur die loop van die jaar opgesit soos wat onderwerpe behandel word.
- Vir Graad 2 en 3: Sit plakkate – soos onder verduidelik – aan die begin van die jaar op die muur, terwyl tema-prente opgesit word soos die werk behandel word.
- Vir Graad 4 – 7: Sit plakkate op oor basiese reëls en beginsels en hou ’n spasie oop waar temas afgewissel kan word.
Skep die volgende hoekies in jou klaskamer:
- ’n Temamuur waaraan jy kan verander om by jou beplanning te pas.
- ’n Vaderlands-hoekie met die volkslied, nasionale blom, dier, plant en ander belangrike inligting.
- ’n Skoolhoekie met die skoolrëels, skoolnaam, -lied en hoof se besonderhede.
- ’n Verjaarsdagkaart met die leerders in jou klas se verjaarsdae.
- ’n Weerkaart wat verander kan word soos die weer verander.
- ’n Werkrooster vir watter leerders wanneer die klaskamer moet help skoonmaak.
- Naamkaarte (in al die skool se tale) van items wat in die klaskamer is. Bv. deur, kas, muur.
- ’n Leeshoekie vir storietyd met prente van bekende stories.
- Spasie op die muur vir plakkate vir Wiskunde, Afrikaans, Engels en Lewensvaardighede.
Handige wenke
- Moenie jou mure té helderkleurig maak nie.
- Plakkate moet nie te besig wees nie, maar eerder meer eenvoudig en duidelik.
- Plaas jou naam en embleem duidelik op jou klaskamerdeur en dra die eerste paar dae ’n naamkaartjie met jou naam en embleem op vir ingeval ’n leerder verlore raak.
- Maak seker jou skryfboeke is reg met ’n voorblad en die leerder se naam.
- Kry jou departementele boeke ook gereed.
- Doen deeglike beplanning voordat jy voor die leerders staan. Vra vir jou skool of jy ’n stel handboeke kan kry voor die skool begin.
- Gebruik ’n skrif (font) wat duidelik lees.
Al die hulpbronne en template van administratiewe vorms wat jy nodig het vir jou Grondslagfase-klaskamer, is beskikbaar by die A.G.V. Sluit nou aan vir 2021 en kry alles wat jy nodig het – reeds uitgewerk en volgens departementele vereistes! Slegs R264 per jaar. Kontak Marnelda de Beer by [email protected] vir meer inligting.