Wen ‘n vakansie met jou skool se unieke karakter!

Elke skool het sy eie karakter, tradisies en simbole wat uniek is aan die skool. Dis die gevoel wat jy kry wanneer jy by jou huidige skool of alma-mater instap, of die beeld wat by jou opkom wanneer jy dink aan jou skooldae.

By sommige skole word die karakter gevestig deur argitektuur, tuinbou of meubelment van die skool. ’n Kenmerkende baken op die terrein, eie aan daardie skool, dien soms as simbool van die skool se waardes en doelwitte. Hierdie simbole word dikwels jare lank deur leerders onthou en vergestalt ʼn gevoel van leer en tradisie. Dit skep positiewe sosiale interaksie wat leerders se verbintenis aan die skool versterk.

Voorbeelde:

  1. By die Afrikaanse Hoër Meisieskool in Pretoria is die reuse-, pienk Chinese Kapok-boom so ‘n “onthou”-simbool, sprekend van die meisies se vroulikheid, verfyndheid en ook statigheid. Die boom simboliseer vir sommige ook kreatiwiteit en prestasie.
  2. Voor die Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank staan ’n ou ossewa, ’n simbool van deursettingsvermoë, durf en verkenningslus van ons voorvaders.
  3. Die ruim onderdak-stoepe waarop elke fase van Midstream Kollege se klasse uitloop, skep ’n natuurlike ruimte vir sosialisering. Hierdie stoepe word gebruik vir “saal”-byeenkomste, uitstalling van klasse se spogwerk, pouse-pret en entrepreneursmarkte wat nie kan uitreën nie.
Affies Boom
Die Chinese Kapok-boom by die Afrikaans Hoër Meisieskool in Pretoria.

Die Skole-ondersteuningsentrum (SOS) is op soek na dít wat die wese van Afrikaanse skole beïnvloed en uitbeeld. Stuur ’n foto en kort beskrywing van dit wat JOU skool se karakter die beste uitbeeld en wen ’n mid-week vakansie na Santana in Margate. Jou skool staan ook ’n kans om ’n geskenkbewys van R2000 by Mr Price Home te wen.

HS Generaal Hertzog 1
‘n Ossewa voor die Hoërskool Generaal Hertzog in Witbank.

Inskrywings moet die volgende bevat:

  • Die naam van die skool;
  • ’n Duidelike, hoë resolusie foto(‘s) van dit wat eie/uniek aan die bepaalde skool is;
  • Beskrywing (±100 woorde) hoe dit die skool se identiteit/kultuur/karakter verteenwoordig.

Stuur inskrywings aan [email protected] voor of op 10 September 2019. Die SOS sal ’n kort-lys van skole opstel en lede van die publiek sal dan vir hul gunsteling inskrywing kan stem op sosiale media.


Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]

Tags

karakter, kompetisie


Lees meer...

Gesels met ons