Wiskunde-voorbereidingseksamen vir 2022

2022-07-27

Die Wolkskool, ‘n aanlyn leerplatform van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), staan die matrieks van 2022 by met ‘n volwaardige Graad 12 Wiskunde-eksamen ter voorbereiding van vanjaar se rekord- en eindeksamen.

Die Matriek Voorbereidingseksamen sal vanaf Maandag 18 Julie op die Die Wolkskool beskikbaar wees. Teken NOU aan op die Wolkskool by wolkskool.co.za teen slegs R118 per maand en kry hierdie voorbereidingseksamen GRATIS saam met al die ander Wolkskool voordele.

Die doel van die gestandaardiseerde eksamen is om aan leerders ‘n geleentheid te gee om eerstens bemeestering van die kurrikulum te demonstreer (dus assessering van leer). Dit skep ook ‘n geleentheid vir die leerders om te konsentreer op afdelings wat nog steeds uitdagings veroorsaak (assessering vir leer). Leerders behoort na hierdie eksamen beter voorbereid te wees vir hulle skool se interne rekordeksamen, maar ook meer gereed te wees vir die eindeksamen.

  • Vraestelle: Twee vraestelle met indelings soos voorgeskryf in die KABV.
  • Die formaat: Veelkeuse vrae gegroepeer volgens KABV-fokusareas.
  • Tydsduur: 3 ure per vraestel soos per KABV-riglyne.
  • Aantal vrae: 50 vrae per vraestel.
  • Inhoud:  Fokusareas volgens die onderskeie gewigte wat daaraan toegeken word deur die KABV-riglyne.
  • Kognitiewe vlakke: Volgens KABV-riglyne van Teorie/Kennis, Roetine Prosedure, Komplekse Prosedure en Probleemoplossing.
  • Moeilikheidvlakke:  Vrae wissel tussen Maklik, Gematig en Klippekou (moeilik).
  • Administrasie: Word direk op die rekenaar beantwoord (sakrekenaars, rofwerkpapier, ens. net soos in die eindeksamen word toegelaat).
  • Memorandum: ‘n Volledige memorandum met modelantwoorde is beskikbaar.

Leerders sal die meeste by hierdie rekordeksamen baat deur die volgende beginsels toe te pas, individueel of in klasverband:

  • Skep jou eie eksamenomstandighede (d.w.s. hou by die tydsbeperking, geen onderbrekings, geen hulpmiddels nie (behalwe die wat voorgeskryf is), ens.
  • Voltooi elke vraag volledig (asof dit ‘n normale vraestel is). Eers hierna kan antwoorde met die moontlike keuses vergelyk word. Die regte keuse word daarna gemaak.
  • Moet nooit bloot raai nie – gebruik die geleentheid as ‘n voorbereidingsoefening.

Daar is verskeie voordele vir leerders, onderwysers en ouers:

  • Onderwysers hoef nie ure te werk om vraestelle op te stel en weer na te sien nie.
  • Oombliklike resultate is beskikbaar. Direk nadat leerders die eksamen voltooi het, is die uitslae beskikbaar.
  • Modelantwoorde gee aan leerders die geleentheid om hulle eie bewerkings met die modelantwoorde te vergelyk.
  • Remediëringsprosesse kan dadelik begin.
  • Ouers kry insae in hulle kinders se vlak van bemeestering en kan hulle begelei en aanmoedig om so goed as moontlik voorbereid te wees vir die komende matriekeksamen.

Kom wen en leer saam deur deel te neem aan die tegnologies-gevorderde SOS-voorbereidingseksamen van wêreldgehalte.

Lees meer oor die Wolkskool by: wolkskool.co.za/

Gesels met ons