fbpx

Wolkskool maak Wiskunde-wenners!

Mienke Siebert2 1

Mienke Siebert, ’n gr.10-leerling van Kaapstad, is een van Wolksool se heel eerste suksesverhale. Mienke was raadop toe sy verlede jaar ’n skamele 40% vir Wiskunde behaal het, en haar ma het haar desperaat tot die internet gewend vir ’n oplossing. Ná net ’n paar weke van harde werk op dié aanlynplatform, het Mienke 72% vir haar eerste Wiskunde toets bepaal.

Wolkskool is ’n aanlyn-platform wat leerders help om hul wiskunde-punte te verbeter, deur middel van aanlyn videolesse en assessering. ’n Wiskunde-onderwyser is ook alle ure van die dag beskikbaar om verder te help met werk wat leerders nie verstaan nie.   

“Ek het Wolkskool raak gegoogle en besluit om dit te probeer, aangesien dit teen minder as R300 ’n maand heelwat goedkoper is as die R2500 wat ’n Wiskunde tutor my sou vra,” sê Charmaine Siebert, Mienke se ma.

Charmaine sê omdat Mienke visueel ingestel is, het sy ontsettend gebaat by die videolesse wat beskikbaar is op Wolkskool. “Dit help ook baie dat ’n Wiskunde-tutor regstreeks aanlyn beskikbaar is indien sy enige bykomende vrae het.”

“Die teorie en werkkaarte op Wolkskool help my regtig baie om die Wiskunde te verstaan. Ek sal dit vir enigiemand aanbeveel,” sê Mienke.

Sluit vandag aan by Wolkskool. Besoek www.wolkskool.co.za

W


Tags

Wiskunde, Wolkskool


Lees meer...