‘n Vakature is tans beskikbaar vir ‘n Wolkskooldosent
Die pos is geleë in Die Hoewes, Centurion. Die geskikte kandidaat moet in besit wees van ’n toepaslike vier jaar B.Ed.-graad of ’n B-graad en nagraadse onderwysdiploma (NGOS/H.O.D.) en moet geregistreer wees by SARO. Nagraadse studies, bywoning van vorige SOS-opleiding en lidmaatskap tot ’n SOS-vakvereniging sal in kandidate se guns tel. Die kandidate wat aansoek doen moet ’n bewese rekord van innovasie in die klaskamer ten toon kan stel, moet uiters vertroud wees met alle onderwerpe van sy/haar vakgebied en moet ’n leergierigheid vir die aanleer van nuwe onderrigmetodes ten toon stel. Werksure sal gewone kantoorure wees. ’n Kompeterende vergoedingspakket met voordele sal onderwysers en departementshoofde in staat stel om aansoek te doen.
Die Wolkskool is ’n Afrikaanse aanlyn skool en ’n projek van die Skoleondersteuningsentrum (SOS). Voltydse- en deeltydse leerders sowel as leerders wat ekstra hulp benodig vir ’n paar vakke moet volledig deur die Wolkskool-dosent begelei word tot die vervulling van hul akademiese vermoë.
Die pos as Wolkskool-dosent behels onder andere die volgende take:
- Die maak van kort video’s oor alle aspekte van die KABV-kurrikulum.
- Die saamstel van leermateriaal wat aanlyn beskikbaar gestel word.
- Die opstel van assesserings, onder andere formatiewe en summatiewe multikeusetoetse, klastoetse en eksamens wat aanlyn sowel as op harde kopie geskryf kan word.
- Kommunikasie met ouers en leerders oor vordering en prestasie van leerders via ’n webgebaseerde kommunikasie-platform.
Die volgende vaardighede sal in jou guns tel en jou aansoek versterk:
- Vertroue met verskeie vorme van tegnologie – apps, tablette en leerbestuurstelsels (LMS).
- Ondervinding in Latex-kodering.
- Bekendheid met die beginsels van omgekeerde klaskamer (“flipped classroom”) en vervlegte leer (“blended learning”).
- Die vervaardiging van video’s en/of die redigering daarvan.
- ’n Liefde vir navorsing en ’n leergierige aard.
Die Skoleondersteuningsentrum benodig persone met ondervinding in die volgende vakke:
Laerskool | Hoërskool |
---|---|
Afrikaans Huistaal | Afrikaans Huistaal |
Engels Huistaal | Engels Huistaal |
Engels Eerste Addisionele Taal | Engels Eerste Addisionele Taal |
Wiskunde | Wiskunde |
Natuurwetenskappe | Wiskunde Geletterdheid |
Tegnologie | Besigheidstudies |
Sosiale Wetenskappe | Ekonomie |
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe | Fisiese Wetenskappe |
Skeppende kunste | Gasvryheidstudies |
Lewensoriëntering | Inligtingstegnologie |
Lewenswetenskappe | |
Rekenaartoepassingstegnologie | |
Rekeningkunde | |
Toerisme |
Volg asb. die skakel en klik hier om aansoek te doen. Indien die skakel nie werk nie, kan aansoeke gestuur word aan [email protected].
Die sluitingsdatum is 9 Oktober 2019.
Aansoekers wie se aansoeke nie binne twee weke na die sluitingsdatum beantwoord word nie, kan aanneem dat hulle onsuksesvol was.