fbpx Skip to content
DieWolkSkool_Portret_RGB_Klein

Unieke geleentheid om deel te raak van Die Wolkskool

Die Wolkskool, ’n produk van die Skoleondersteuningsentrum, is ‘n nuwe generasie leerplatform vir leerders wat onderwysers bemagtig en ouers inlig en betrokke hou by hul kinders se vordering. Leerders kan teen hul eie spoed leerinhoud bemeester deur middel van hoë kwaliteit videolesse, assesserings en ondersteunende lesmateriaal in vakke soos Wiskunde, Wetenskap, en Afrikaans Huistaal.

Die Wolkskool bied ‘n alternatief vir ekstra klasse teen ‘n fraksie van die prys. Eerder as duur ekstra klasse, wat gewoonlik enkele weke voor ‘n belangrike eksamen geneem word (wat te laat is), dien Wolksool as bekostigbare, deurlopende alternatief.

Wolkskool kan die onderwyser se las verminder en help om meer effektief probleemareas te identifiseer. So kan die onderwyser individuele aandag gee aan sukkelende leerders, terwyl uitblinker leerders op hul eie spoed voortgaan. Vroegtydige identifisering van probleme kan boonop sorg dat tydige ingryping plaasvind.

Die Wolkskool bied aan u skool ’n unieke geleentheid om deel te word van hierdie groot inisiatief om gehalte Afrikaanse onderrig te help verseker!

Groot afslag vir skole

Spaar tot 88% van die normale koste. Spring gou! Slegs vir 'n beperkte aantal skole.

Die SOS bied ’n unieke geleentheid vir skole om teen ’n spesiale prys toegang te verkry tot alle inhoud op Wolkskool vir ’n bepaalde Graad. Indien die skool alle leerders van ’n Graad op Die Wolkskool registreer, kan die skool dus jaarliks duisende rande spaar. Die eerste tien skole wat by ons aansluit verkry Wolkskool se dienste teen hierdie spesiale tarief .

Gratis lidmaatskap van 'n vakvereniging vir die betrokke onderwysers. Professionele ondersteuning deur gereelde seminare asook afslag by kongresse.

Pakket Prys per leerder Besparing per leerder % Besparing per leerder
Slegs een graad sluit aan by Wolkskool R300 per jaar R 1440 83%
Twee grade sluit aan by Wolkskool R250 per jaar R 1490 85%
Drie of meer grade sluit aan by Wolkskool R200 per jaar R 1540 88%

Voordele van Die Wolkskool

  • Hoë-gehalte onderrig in Afrikaans
  • Opleiding deur die uitstekende opvoedkundige kenners
  • Vraestelle, werkkaarte en memorandums is tot beskikking van leerders en onderwysers
  • Leerders kan lesse op die platform ter enige tyd kyk en assesserings doen
  • ’n Kenner is 24-uur per dag beskikbaar om leerlinge by te staan met Wiskundeprobleme.
  • Onderwysers het ‘n geheeloorsig oor die klas se vordering asook insig op indiwiduele vlak om probleemareas betyds te identifiseer en aan te spreek

Watter inhoud bied die Wolkskool tans?

Graad 4 – Wiskunde
Graad 5 – Wiskunde, Natuurwetenskap
Graad 6 – Wiskunde, Natuurwetenskap
Graad 7 – Wiskunde, Afrikaans
Graad 8 – Wiskunde
Graad 9 – Wiskunde
Graad 10 – Wiskunde, Fisiese Wetenskap
Graad 11 – Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap; Afrikaans
Graad 12 – Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskap; Afrikaans

Aansoek vir Wolkskoolpakket

Voltooi hierdie vorm en ons sal u kontak om verdere inligting uit te ruil totdat u gereed is om te verbind.