Antwoorde op belangrike vrae:
Die Wolkskool is ‘n aanlyn leerplatform vir Gr. 1 - 12 leerders, met lesse in video-formaat, werkkaarte en aflaaibare werkboeke wat leerders in hul eie tyd, vanaf enige plek en teen hul eie pas aanvullend tot skoolonderrig kan deurwerk. Dit sluit dus aan by nuwe, moderne, wêreldgehalte onderwysinisiatiewe wat leerders toerus vir die 21ste eeu.
Enige leerder kan individueel aansluit, maar Die Wolkskool kom veral tot sy reg d.m.v. integrasie in die klaskamer. Opleiding word aan skole en onderwysers gebied deur middel van SACE geakkrediteerde seminare, werkswinkels en kongresse. Onderwysers kan ook aansluit by verskeie professionele vakverenigings.
Die Wolkskoollesse word opgestel deur die ervare SOS-onderwysers (ofte wel Wolkskooldosente). Die amptelike KABV (CAPS) kurrikulum van Suid-Afrika word gevolg.
Koste vir 2023:
- Vir individue* per maand per leerder (maand-tot-maand): R 135,00
- Groot afslag as jou kind se skool inskryf (jy spaar 70%)**
* Individue betaal per maandelikse outomatiese kaartaftrekking.
** Vir skole word 'n alternatiewe reëling getref.
Vir individuele inskrywings* word die betaling maandeliks deur 'n kaartaftrekking gedoen. Jou kaart moet dus op jou Wolkskoolprofiel gelaai word. Gebruik jou bestaande profiel of skep 'n nuwe een as jy nog nooit van tevore op Die Wolkskool geregistreer het nie.
Hoe om jou kaart te laai:
- Teken in op Die Wolkskool
- Gaan na My Profiel
- Klik op Laai Kaart heel onderaan jou profielblad
- Vul die korrekte besonderhede in en klik op "Stoor Kaart"
- Gaan na die Tuisblad en klik op "Maak 'n betaling" of gaan na https://wolkskool.co.za/betaal om die betaling deur te sit.
Indien ouers vir die hele jaar en/of vir meer as een kind tegelyk wil betaal, stuur so 'n versoek aan [email protected].
* Indien leerders deur skole op Die Wolkskool inskryf (sien vraag Hoe koppel ek my profiel aan my skool? op Wolkskoolvrae), word geen betalings gedoen nie (die skool betaal).
Indien jy nog nie voorheen geregistreer/aangesluit het nie, volg hierdie eenvoudige stappe*:
- Sluit hier aan: https://wolkskool.co.za/sluit-aan
- Kies leerder of onderwyser
- Verskaf jou naam, van, e-posadres en wagwoord
- Vul al die besonderhede** korrek in by die skerms wat volg
- Kies jou graad (jy kan dit later verander)
* Indien jy reeds ingeteken is en nog 'n registrasie wil doen, sorg eers dat jy uitteken uit die bestaande profiel: https://wolkskool.co.za/teken-uit. Jy kan ook deur jou profiel uitteken:
Volg daarna die stappe hierbo.
** Indien jou skool nie op die lys verskyn nie, stuur 'n e-pos met die skool se naam aan [email protected] of voltooi die kontakvorm.
Die Wolkskool-app is 'n applikasie- of toepassingsprogram vir mobiele toestelle wat Google se Android of Apple se IOS as bedryfstelsels gebruik. Dit kan by die volgende webadresse afgelaai word:
Android: http://play.google.com/store/apps/details?id=vt.wolkskool.co.za
Apple: http://apps.apple.com/za/app/wolkskool/id1552174851
Vir nuwe Huawei-fone kan die APK by http://verge.co.za/files/app-release.apk afgelaai word. Maak seker die XAPK installeerder (https://apkpure.com/xapk-installer/com.apkpure.installer) is reeds geïnstalleer.
Vir Android-fone: Onthou om die toegang aan Die Wolkskool-app te gee om video's en ander materiaal af te laai en te stoor: https://support.google.com/android/answer/9431959?hl=en
Die app is aanvullend tot die Wolkskool webwerf (wolkskool.co.za) en het nie al die funksionaliteite nie. Die hoofdoel van die app is om gebruikers in staat te stel om die video's af te laai vir latere gebruik waar daar óf nie internet is nie óf om data te spaar.
Kyk gerus die volgende video oor die installasie en gebruik: https://youtu.be/UxBMxpz24TM
Stappe wat jy moet volg om jou profiel aan die skool se betaling te koppel:
Skep 'n profiel by https://wolkskool.co.za/sluit-aan (slegs indien die profiel nog nie bestaan nie).
- Kyk na die https://youtu.be/YUeLN1DTLVg vir duidelike instruksies
- Maak 100% seker dat die korrekte ID-nommer van die leerder (soos wat dit op die geboortesertifikaat voorkom) ingevul word. (Die ID-nommer word gebruik om die koppeling met die skool te doen.)
- Kyk ook na die vraag Hoe registreer ek / sluit ek aan? en Moet elke gebruiker sy eie e-posadres hê? op https://skole.co.za/wolkskoolvrae/
Indien jy reeds 'n profiel gehad het, moet jy inteken op Die Wolkskool vir die koppeling om te aktiveer. Jou profiel behoort dan gekoppel te wees met die skool se betaling en jy sal nie meer 'n kennisgewing op https://wolkskool.co.za/tuis kry dat jy 'n betaling moet maak nie.
Indien jy steeds betalingskennisgewings kry, stuur 'n e-pos met die ID-nommer, naam en e-posadres van die leerder aan [email protected] of gebruik die "Kontak ons"-vorm (https://wolkskool.co.za/kontak)
Laai gerus die Wolkskool-handleiding vir ouers af by https://wp.me/aaknbq-3b4.
Die Wolkskool is nie 'n skool op sy eie nie en gee ook nie die geleentheid om toetse of eksamens formeel af te lê nie. Daar word ook geen rapporte of sertifikate uitgereik nie. Ons ondersteun dus bloot skole en tuisonderrig.
DIT IS DUS NIE 'N AANLYN SKOOL, TUISSKOOLINSTANSIE OF 'N OORBRUGGINGSKURSUS NIE.
Tot en met Graad 9 moet kinders volgens wet by 'n opvoedingsinstansie geregistreer wees of bewys kan lewer dat hulle onderrig ontvang. Die Wolkskool is slegs bykomstig en help onderwysers en kinders. Ons werk saam die tuisonderriginstansie AfstandleerPlus wat Die Wolkskool insluit by hulle onderrigaanbod.
Lees gerus die insiggewende artikel oor tuisonderrig: https://gildes.solidariteit.co.za/onderwys-is-tuisskool-steeds-n-vloekwoord-in-suid-afrika/
Ander moontlike opsies:
https://www.nukleusonderwys.co.za/
https://www.impaq.co.za/ wat groot is onder Afrikaanse ouers (ons weet egter nie vir hoe lank nie).
Kyk ook gerus na ‘n organisasie soos https://www.sahomeschoolers.org/various-resources/ons-missie.html wat ouerregte m.b.t. tuisskoolonderrig verdedig.
Hierdie bron mag ook nuttig wees: https://www.sahomeschoolers.org/curriculums/afrikaans.html
[onderhewig aan verandering]
Formele toetse/eksamens
Die Wolkskool is nie ‘n skool op sy eie nie en neem nie formele toetse of eksamens af nie. Sien die vraag “Is Die Wolkskool 'n skool op sy eie?” op skole.co.za/wolkskoolvrae).
Vraestelle en memorandums
Die Wolkskool stel nie elke kwartaal vraestelle en/of memorandums beskikbaar nie.
Van die vraestelle met memorandums is wel beskikbaar vir die SOS lede, d.w.s. vir onderwysers op die onderwysersplatform.
Daar word soms vraestelle met memorandums op Markplein beskikbaar gestel, ons koop- en verkoopplatform.
Gestandaardiseerde eksamen (GSE)
Die SOS stel elke jaar ‘n gestandaardiseerde eksamen (GSE) van uitsonderlike hoë standaard met die hulp van kundiges op wat deur duisende kinders by verskeie skole afgelê word.
Daar word jaarliks ‘n GSE-verslag bekend gestel.
Leerders kan nie hiervoor inskryf nie. Skole skryf in en dit word onderling met die SOS gereël.
Rekordeksamen vir matrieks
Elke jaar word daar vir Wiskunde ‘n eksamen op Die Wolkskool geplaas wat matrieks aanlyn kan aflê.
INFORMELE ASSESSERING (in lesse)
Die assesserings wat leerders na elke Wolkskoolles doen, is die goue draad van die Wolkskool. Dit wys aan (a) leerders of hulle die konsepte bemeester het wat in die les behandel is, dit wys aan (b) ouers die vordering wat hulle kind(ers) maak in die tweeweeklikse verslag en dit gee aan (c) onderwysers ‘n kragtige instrument om in een oogopslag te bepaal waar die hele klas en leerders staan.
Wolkskoolassesserings gaan nie oor punte nie, maar om leerders te help om gapings in hul kennis raak te sien en dadelik aan te spreek. Met leerders wat in hul eie tyd, op enige plek en teen hul eie pas die video’s oor en oor kan kyk en die assesserings oor en oor kan doen totdat hulle dit bemeester het, is daar dus geen verskoning vir leerders om nie 100% vir die assesserings te kry nie.
Opsommings en memorandums
Die aflaaibare kwartaallikse werkboeke in die lesse wat die leerders met die hulp van memorandums self voltooi, word uiteindelik die opsommings. Sien die vraag “Hoe werk die werkboeke” op skole.co.za/wolkskoolvrae).
Die Wolkskool deur 'n webblaaier
Gebruik 'n moderne webblaaier (browser) soos Chrome, Edge, Safari of Firefox. Internet Explorer is oud en behoort nie meer gebruik te word nie. Die Wolkskool beveel Chrome aan.
Sorg vir 'n stabiele Internetverbinding met genoeg data.
Jou kind kan Die Wolkskoollesse deur 'n gewone slimfoon doen. Dit is dus nie nodig vir 'n skootrekenaar nie. As jy 'n stabiele Internetverbinding het, hoef jy geen programme te installeer nie.
'n Drukker
'n Kleurdrukker is 'n aanbeveling om die werkboeke wat in pdf-formaat is, uit te druk.
Die Wolkskooltoepassing/app
Die hoofdoel van die app is om gebruikers in staat te stel om die video's af te laai vir latere gebruik waar daar óf nie internet is nie óf om data te spaar. Vir meer inligting oor die app, kyk na vraag Wat is die Wolkskool-app en waar kry ek dit? op https://skole.co.za/wolkskoolvrae.
Dit hang af hoe vinnig mens wil vorder deur Die Wolkskool.
Dit werk uit op ongeveer 5 Mb per minuut op die video’s. Die gemiddelde duur van video’s is ongeveer 20 minute, wat jou op ’n gemiddelde van 100 Mb per video uitbring en ongeveer 1 Gb vir elke 10 video’s. Sommige lesse het 3 video’s in en jy kan maklik een les in ’n dag doen per vak.
Die Wolkskooltoepassing (app) stel leerders in staat om baie kleiner (maksimum 40 Mb) video's af te laai om later te kyk. Dit is beskikbaar op Google Play en App Store. Sien vraag "Wat is die Wolkskool-app en waar kry ek dit?" op https://skole.co.za/wolkskoolvrae/.
Die lesinhoud van Die Wolkskool word deur professionele onderwysers opgestel. Die Departement van Basiese Onderwys se KABV (CAPS) kurrikulum word word as minimum vereiste hiervoor ingespan. Die Wolkskool-inhoud word stelselmatig meer en beter namate materiaal vir vakke en grade aangevul word.
Die Wolkskool gaan binnekort (kruisies in rooi) die laerskoolvakke volledig maak terwyl hoërskoolvakke bygewerk gaan word.
Tans word die volgende vakke en grade aangebied:


Vir grade 1 - 3 is daar video's en die gewilde Slimboeke asook die Departementele Werkboeke beskikbaar.
Indien jy toegang het tot Die Wolkskool, het jy toegang tot alle vakke, video's, werkboeke, werkkaarte en assesserings wat deur Die Wolkskool opgestel is. Die klaskamers is slegs van toepassing as jou onderwyser dit opgestel het. Dit word byvoorbeeld deur die onderwyser gebruik om boodskappe te stuur, opdragte te gee, dokumente te deel, ens. Daardie dokumente is dan slegs toeganklik deur die betrokke klaskamer waarin dit opgestel is.
Sodra jou onderwyser registreer en die klas se opstelling gedoen het, sal jy 'n kode per e-pos ontvang om deel te raak van die klaskamer.
Indien jy die kode ontvang het, volg die stappe om aan te sluit by 'n klas:
- Klik op "Sluit aan by 'n klas?"
- Tik die klaskode in die "Unieke klaskode" teksboks
- Klik op "Sluit aan"
- Wag vir jou onderwyser om jou aansluiting te bevestig


- Druk op die afpyltjie langs jou naam links bo
- Kies My Profiel
- Druk op "Verander Graad"
- Druk op die graad van jou keuse
- Druk op Inhoud op die linkerkantste paneel
Wenk vir 'n tegniese alternatief
Jy kan die volgende skakels gebruik om jou graad in die agtergrond te stel. Gaan kyk dan daarna op Inhoud.
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/1
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/2
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/3
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/4
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/5
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/6
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/7
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/8
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/9
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/10
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/11
- wolkskool.co.za/profiel/verander-graad/12
Hoekom werkboeke/werkkaarte?
Die Wolkskool het in 2020 begin om werkkaarte geleidelik om te skakel in werkboeke. Die werkboeke is baie gewild en sommige skole gebruik uitdrukke daarvan as hul leerders se primêre werkboek. Die werkboeke word hand-aan-hand met die video's en assesserings saamgestel en daar is selfs bladsyverwysings na die algemene handboeke wat in skole gebruik word. Saam met die werkboek kom daar 'n memorandum. Die memorandum is van groot hulp vir ouers om hul kinders by te staan, maar dit is ook baie belangrik om selfgerigte leer verantwoordelikheid te bevorder.
Watter vakke het werkboeke?
Tans is daar werkboeke vir Wiskunde en Natuurwetenskappe. Met enkele uitsonderings na is daar werkboeke vir die ander vakke, bv. Sosiale Wetenskappe Graad 4 & 5. Die goeie nuus is dat ons in 2021 begin om werkboeke vir alle vakke by te werk. By die meerderheid lesse is daar reeds werkkaarte beskikbaar.
Hoe moet ek die werkboeke gebruik?
Die werkkaarte/werkboeke is in PDF-formaat en is nie interaktief nie. Dis net vir oefening. Anders as die assesserings vul mens nie die vrae in op die rekenaar nie. Sommige leerders laai dit af, druk dit uit en werk dan daarop. Dan gebruik hulle die memorandum om dit self te merk. Uiteindelik dien dit as opsommings. Ander leerders hou dit op die rekenaar, skryf net die oefeningnommer in ‘n huiswerkboek en skryf dan die bewerkings en antwoorde daarin. Daarna vergelyk hulle dit met die memorandum om te kyk of dit reg is.
Elke leerder moet apart aansluit met 'n unieke e-posadres. Kyk na die vrae "Hoe registreer ek / sluit ek aan?" en "Moet elke leerder 'n eie e-posadres hê?".
Voordat 'n leerder aansluit moet die vorige leerders eers uitteken. Druk druk op die volgende skakel om uit te teken: https://wolkskool.co.za/teken-uit
’n Leerder kan ook uitteken op sy/haar profiel:
Hier is die reëls:
- Elke leerder wat registreer, moet 'n unieke e-posadres of e-pos-alias hê.
- Jy kan van e-pos-aliasse gebruik maak om hierdie beperking te omseil. Ook as jou kind jonger as 13 is, mag hy/sy volgens wet nie 'n e-posadres hê nie.
Hoe werk 'n e-pos-alias?
Gmail het die voordeel van e-pos-aliasse. As jy nie een het nie, skep vir jou ’n Gmail adres.
As jy dan een het, kan jy aliasse gebruik om jou kinders te registreer en te laat inteken.
Gestel jou e-posadres is [email protected] en jou kind se naam is Kuiken, dan kan jy jou e-posadres so manipuleer dat dit anders lyk, maar steeds geldig is, bv.
E-posadres: [email protected]
E-pos-alias: [email protected]
Alles na die "+" en voor die "@" word deur die stelsels geïgnoreer en sal in jou inboks beland.
Dit gaan dus oor hóé jy die e-posadres intik. Niks word aan Gmail se kant gedoen om dit te laat werk nie.
Hier is 'n skakel na hoe mens dit ook kan regkry by ander e-posverskaffers: https://help.wodify.com/hc/en-us/articles/234441508-How-Do-I-Create-an-Email-Alias-
- Teken in
- Gaan na jou profiel (of klik op https://wolkskool.co.za/profiel)
- Verander jou e-posadres
- Klik op die oranje "Verander Profiel"
As jy ingeteken is:
- Gaan na jou profiel (of klik op https://wolkskool.co.za/profiel) en verander jou wagwoord.
As jy nie ingeteken is nie:
- Gaan na die intekenskerm
- Druk op Verander jou wagwoord
- Voorsien jou e-posadres waarmee jy gewoonlik inteken
- Druk op die "Verander wagwoord" oranje knop
- Wag vir die e-pos om te verskyn in jou inboks
- Lees die boodskap in die e-pos en druk op Herstel wagwoord
- Wag vir die blad om oop te maak wat jou nuwe wagwoord vra .
- Bevestig jou wagwoord en druk die "Verander wagwoord" knop.
- Teken in met jou nuwe wagwoord.
As jy probleme ondervind om jou wagwoord te verander, kyk na die antwoord op die vraag hieronder "Waarom kan ek nie my wagwoord verander nie?"
Daar is soms probleme om 'n wagwoord te verander weens die volgende redes:
- Jy kry nie die e-pos nie:
- Maak seker jou e-posadres is geldig. Kyk by My Profiel.
- Dit neem soms 'n tydjie voordat jy jou e-pos kry (maksimum 5 minute).
- Kyk in jou "Junk Mail" of dit nie dalk daar beland het nie.
- Die skakel op "Herstel wagwoord" in die e-pos werk nie. Jy kry 'n foutboodskap "Page not found":
- Javascript is nie op jou toestel se webblaaier (browser) aangeskakel nie of jy gebruik 'n ou webblaaier soos Internet Explorer.
- Gebruik Chrome as webblaaier of gaan na 'n ander toestel (selfoon of rekenaar) om die skakel te gebruik en jou wagwoord te verander.
As jy steeds nie regkom nie, stuur asseblief 'n e-pos aan [email protected] of voltooi hierdie vorm.
Indien jou skool parallelmedium is en soortgelyke ondersteuning aan jul Engelse leerders wil voorsien, is daar ’n paar goeie opsies beskikbaar:
- https://egdlearning.co.za/egd-digital-learning/
- https://e-academyonline.co.za/
- https://pocketacademy.co.za/
- https://mathsbuddy.co.za/
- https://m.siyavula.com/
- https://www.mytopdog.co.za/
- Thuma Mina Teaching
Die Wolkskool het reeds begin met Engels Eerste Addisionele Taal om aan die behoefte van Afrikaanse leerders te voldoen.
As jy Internet Explorer gebruik, dit is ou tegnologie en dit sal nie moderne toepassings kan hanteer nie.
Maak hierdie skakel (https://www.whatismybrowser.com/) oop en jy sal sien watter webblaaier (“browser”) jy gebruik en sien dat JavaScript nie geaktiveer is nie. Dit is die probleem. Moderne toepassings gebruik JavaScript en as jy dit aktiveer, sal dit steeds nie goed funksioneer binne ou tegnologie (Internet Explorer) nie.
Moderne “browsers” soos Chrome gee nie vir jou die probleem (en sommer baie ander probleme) nie. Hier is die skakel om dit af te laai: https://www.google.com/chrome/
Ons het onlangs 'n groot opgradering van die stelsel gedoen en die skakels na die lesse en video's het dus verander. Die werkboeke wat nog die ou skakels inhet, sal binnekort met die nuwe skakels bygewerk word.
Die volgorde van die lesinhoud op Die Wolkskool en die inhoud in die werkboek stem ooreen. Jy kan dus intussen die Wolkskoollesse en video's maklik volg soos wat jy deur die werkboek vorder.
Koppeling tussen rekeninge is tans nie moontlik nie. Elke leerder moet apart aansluit. Onderwysers kan wel klasse skep en leerders daaraan koppel.
Individue is self verantwoordelik om betaling te stop. Teken in op die profiel https://wolkskool.co.za/profiel , klik op "My Profiel" en verwyder die kaart heel onder. Daar sal dus nie ‘n kaartaftrekking in die toekoms kan plaasvind nie.
Individue is self verantwoordelik om betaling te stop en die profiel te verwyder.
- Teken in op Die Wolkskool
- Druk op die afpyltjie langs jou naam
- Klik op My Profiel
- Druk op die rooi "Verwyder Profiel"
- Lees die bevestigingsboodskap
- Druk op die oranje "Ja" om te bevestig
Gebruik die volgende skakel en voltooi die kontakvorm: https://wolkskool.co.za/kontak of stuur net 'n e-pos aan [email protected].
Probeer om te sê presies waar in die proses jy vashaak. Wat sien jy voor jou? Maak ’n skermskoot indien nodig en stuur dit per e-pos.
Die Wolkskool se direkte uitsendings vir Matrieks het op 29 Mei 2020 ten einde geloop.
Daar is egter hope inhoud vir matrieks op Die Wolkskool. Dit is gratis vir 2020.
Jy kan HIER die opnames van vorige uitsendings kry.
Al die ondersteunende materiaal van die aktiwiteite sal na 'n dag of twee na die uitsending gratis op https://markplein.co.za/products?grade=graad%201&search=wolkskool beskikbaar wees.
Dit is algemeen bekend dat slegs sowat 1-2% van mense hul aanlyn-kursusse voltooi, en dit is by volwassenes! Jou kind sal dus uitermate gedissiplineerd moet wees as alles aan hom/haar oorgelaat word. Moet dus nie hierdie stuk tegnologie as die "silver bullet" sien wat jou kind nou eweskielik met nuwe inspirasie en energie die res van sy/haar skooloopbaan sal laat deurdraf nie. Dit bied bloot meganismes tot jou en jou kind se beskikking om meer beheer te kry oor sy/haar skoolloopbaan. Harde werk en toewyding bly dus kritiek.
Hier is jou kans om as ouer sinvol betrokke te raak
Ouerbetrokkenheid is dus steeds baie belangrik, maar nou raak dit net meer haalbaar! Deurdat die die lesse by die huis toeganklik is, kan jy beskikbaar wees om jou kind by te staan. Daaby kry jy gereelde vorderingsverslae per e-pos.
Die Wolkskool is op die Suid-Afrikaanse kurrikulum vir skole, d.w.s. KABV (CAPS), gebaseer en Die Wolkskool kan maklik belyn word met dit wat in die skool gebeur. Dit is dan maklik vir jou as ouer om te weet waar jou kind min of meer is en moet wees.
Voordele van 'n Wolkskoolles bo 'n klasles
Jou kind het, anders as in die klaskamer, met Die Wolkskool die geleentheid om 'n videoles oor en oor te kyk totdat hy/sy dit verstaan. En dit teen sy/haar eie pas, vanaf enige plek en op sy/haar eie tyd.
En moenie vergeet dat jou kind vooruit kan werk nie - of terug kan gaan as hy/sy nie kan onthou nie! Hy/sy kan dus voorberei vir die volgende dag se les en vir die onderwyser vra indien daar konsepte is wat hy/sy nie verstaan nie. Hier is nou die geleentheid!
Werkboeke
Sekere Wolkskoolvakke het ook werkboeke wat jy gratis kan aflaai en uitdruk. Daar is spasie vir oefeninge en dit bevat ook talle verwysings na Wolkskoollesse en handboeke wat algemeen in skole gebruik word. Dit is visueel aantreklik en dit help regtig baie om die kolletjies van alles wat geleer moet word, te verbind.
Die eerste prys: Jou kind se skool gebruik Die Wolkskool
Die kersie op die koek sal natuurlik wees as jou kind se onderwyser of skool Die Wolkskool as hulpmiddel gebruik. Vaardige onderwysers gebruik aanlyn platforms soos Die Wolkskool sodat kinders hulle vakkennis bemeester, en dan gebruik hulle klastyd vir die toepassing van die kennis deur projekte en/of probleemoplossing. Hulle kan dan ook sien watter kinders die werk bemeester het, nuwe uitdagings stel of kennisgapings en verstaansvlakke help vul. Boonop rig hulle die kinders af om as lewenslange leerders te ontwikkel wat aanlyn platforms daarvoor met groot vrug kan inspan. Laai gerus die Wolkskool-handleiding vir ouers af by https://wp.me/aaknbq-3b4.
Die Wolkskool ondersteun dan ook sulke onderwysers deur gereelde seminare, werkswinkels en aanlyn kursusse. Moedig asseblief jou skool aan om Die Wolkskool te begin gebruik. Ons hou gereeld praatjies by oueraande. Kontak ons asseblief by [email protected] indien jy wil hê ons moet met die ouers kom praat.
Ons het ongelukkig nie ‘n jaarbeplanner nie. Dit sal van leerders se tuisskoolinstansie/skool se skedule afhang.
Die Wolkskool plaas wel inhoud volgens die KABV. Leerders kan min of meer ‘n skedule uit die bestaande inhoud aflei, maar dit hang van die vak af. Soms is vakke in weke georganiseer. Sommige vakke het werkboeke wat skakels het met handboeke, wat wel volgens weke opgedeel is.
Die hele idee van aanlyn leer is dat leerders hul eie pas moet vind. Die Wolkskool skep die moontlikheid dat leerders so vinnig as moontlik kan werk. Vinnig, maar deeglik. Leerders moenie stop totdat hulle 100% die konsepte bemeester het nie (wat hulle sal sien deur die assesserings wat hulle oor en oor kan doen).
As leerders voel hulle raak agter, moet hulle harder werk en as hulle voel jy vorder vinnig, moet hulle hulself druk om meer te doen. Leerders kan selfs oorgaan na ‘n volgende graad of as hulle iets in ‘n vorige graad gemis het, terugspring na 'n vorige graad.
Dit noem mens selfgerigte leer. As hulle dit bereik het, het hulle beheer geneem vir hul eie leer. Hulle het dan die belangrikste vaardigheid aangeleer om die 21ste eeu suksesvol te betree.
Onderwysers het toegang (net soos die leerders) tot alle grade, vakke, video's, werkboeke, werkkaarte en assesserings. Onderwysers kan hul eie klaskamers opstel en hul eie inhoud aan leerders versprei.
HIERDIE VIDEO wys aan onderwysers hoe om 'n onderwyserprofiel te skep.
HIERDIE VIDEO wys aan onderwysers hoe om 'n klas skep.
HIERDIE VIDEO wys aan onderwysers hoe om verslae te trek.
HIERDIE VIDEO wys aan onderwysers hoe om te spring tussen grade.
Sluit aan by Die Wolkskool
Die Wolkskool is ’n leerbestuurstelsel (LMS) met inhoud wat oor al die fasette van vervlegte leer en die omgekeerde klaskamermodel beskik. Die stelsel is aanpasbaar om
skole se unieke karakter te behou en vervang geensins die onderwyser of die skool se rol in die onderrigproses nie.