Word ‘n borg

As 'n organisasie sonder winsbejag bied die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) nou die geleentheid aan ander organisasies om by te dra tot die volhoubaarheid van Afrikaanse onderwys. Enige instansie wat aan die volgende kriteria voldoen, kan die SOS borg deur middel van die plasing van 'n advertensie.

Die aansoekproses is as volg:

  1. Doen aansoek deur die onderstaande vorm te voltooi
  2. Die aansoek sal dan deur 'n keuringsproses gaan.
  3. Die uitslag van die aansoekproses sal aan jou deurgegee word.
  4. Indien die aansoek suksesvol is, word 'n faktuur uitgereik.
  5. Sodra betaling ontvang is, sal die materiaal/kopie aangevra word.
  6. Sodra die materiaal/kopie aan die onderstaande vereistes voldoen, sal die advertensie geplaas word.
  7. Na plasing sal terugvoer gegee word.

Vereistes vir materiaal/kopie: 

  • Dit moet in Afrikaans verskyn. 
  • Dit moet taalversorg wees.
  • Die inhoud en borg mag nie in kompetisie wees met die dienste wat die SOS bied nie, bv.
    • wolkskool.co.za - Die Wolkskool as aanlyn leerplatform vir Afrikaanse leerders en as leerbestuurstelsel (LMS) vir onderwysers
    • onderwysers.co.zaVoortgesette Professionele Opleiding van onderwysers
    • markplein.co.za - Aanlyn ruil en verkoopplatform van opvoedkundige materiaal
  • Die ontwerp word deur die borg ontwerp en aan die SOS voorsien.
  • Die ontwerp moet van hoë gehalte en vir alle ouderdomme aanvaarbaar wees.
  • Die ontwerp vir Facebook moet 1200 x 630 px wees. 
  • Die materiaal/kopie moet die woorde "Borg vir die SOS" bevat en sigbaar  wees vir die leser/kyker (minimum lettergrootte 16px).

Gesels met ons