fbpx
  • Home
  • Zoom-lesse, leerders en jy – 8 wenke

Zoom-lesse, leerders en jy – 8 wenke

light bulb 3104355 1920

0 comments

Deur Lamprecht Lötter – Wolkskool-dosent: SOS

1. Vertel leerders vooraf waaroor die les gaan

renata adrienn ksXr8TrRmvE unsplash

Leerders voel gemakliker en meer betrokke as hulle weet waaroor ‘n les handel. Leerders wat skaam is en nie maklik vrae vra nie, kan solank vrae voorberei of dit vir die onderwyser stuur sodat hy dit kan aanspreek in die les.  Leerders kan ‘n bietjie oplees oor die afdelings en met meer selfvertroue die sessie bywoon.

2. Kommunikeer jou verwagtinge en betrokkenheid

neonbrand y 6rqStQBYQ unsplash

Aanlyn leer is nuut vir baie leerders en hulle het leiding nodig. Net soos jy roetine in jou klas gevestig het, moet jy ook roetine in jou aanlyn lesse vestig. Jy moet vir hulle leer om hulle video aan te los as hulle vrae vra, en verduidelik hoekom dit belangrik is dat almal mekaar sien en hoekom dit beter is vir kommunikasie met die hele klas. Dit is ‘n goeie idee om dit alles in die vooraf-kommunikasie aan die leerders te kommunikeer. As jy hulle wil aanmoedig om ‘n vraag te stel gedurende die les of ‘n opmerking te maak, is dit goed om hulle vooraf te waarsku.

3. Leerdergefokusde besprekingspunte

edvin johansson UGGinojhaC0 unsplash 1

Laat leerders leiding neem en vrae bespreek wat hulle voorstel. Hulle is geneig om meer betrokke te wees in die gesprek as dit in hulle belangstellingsveld val. Leerders is ook honger vir kommunikasie – hulle is baie op WhatsApp, maar gesels nie regtig nie. Tog gaan jy steeds ‘n paar pogings moet aanwend voordat leerders gemaklik gaan voel om deel te neem aan die gesprek. Daar gaan ook reëls moet wees oor hoe die gesprek moet verloop, want almal kan nie op dieselfde tyd praat nie. Later sal dit in die klaskamer ook vrugte afwerp – dieselfde spreekbeurtreëls kan daar ook geld.

4. Ysbreker/Hoe gaan dit?

light bulb 3104355 1920

Begin elke sessie met iets wat die leerders op hulle gemak laat voel. As hulle saam kan lag of vertel hoe dit met hulle gaan en hoor hoe dit met die ander gaan, voel hulle sommer gou tuis. Onthou: Hulle kan enige oomblik belangstelling verloor en stilletjies verdwyn sonder dat jy agterkom hulle is weg. Dit is anders as in ʼn regte klaskamer waar hulle verplig is om teenwoordig te wees. As leerders gemaklik is, dan deel hulle ook makliker nuwe idees.  Leerders is dan ook minder bang om foute te maak.

5. Gebruik die “Chat” funksie op ‘n slim manier

jeshoots com Lu9FNRCqPys unsplash

Vra deurlopend vir leerders om terugvoer te gee, of om in die geselskolom (chat) “ja” of “nee” te antwoord, om aan te dui of hulle verstaan. Daar is ‘n paar oulike webtuistes wat jy kan gebruik om vasvravragies (Quizzes) vir jou leerders op te stel. Dit hou hulle gefokus en jy kry deurlopend terugvoer oor hulle bemeestering van die inhoud.

6. Hoe korter, hoe beter

Tyd

Deel eerder die klas in twee en bied aparte lesse vir elk aan, as wat jy die hele klas het en sukkel om almal betrokke te kry. Jy kry meer gedoen en kan makliker met almal kommunikeer as groepies kleiner is. Jy kry dan ook meer in ‘n korter tyd gedoen.

7. Hoe betrokke was jy?

john schnobrich 2FPjlAyMQTA unsplash

Laat leerders hulleself evalueer oor hul betrokkenheid gedurende die sessie, so word hulle medeverantwoordelik om betrokke te bly by lesse.

8. Gebruik jou foon as ‘n ekstra webcam

Laai die volgende toepassing op jou foon asook rekenaarsagteware gratis af by: https://iriun.com/.

Op Zoom, kies “share screen” en kies “2’nd webcam”.  Jy kan dan jou foon bo jou hande uitgestrek  hou om leerders stap vir stap te wys soos wat jy verduidelik.

Webcam

Onthou – dit gaan ‘n hele paar lesse neem voordat leerders en jy gemaklik is met die nuwe normaal, so moenie moed verloor as die eerste paar klasse nie 100% verloop soos wat jy dit beplan het nie.

Van hierdie wenke is geïnspireer deur Catlin Tucker. As jy meer wil leer oor die vervlegte leermodel besoek gerus haat webtuiste by catlintucker.com.

download

Terwyl ons die visionêre leiers van die GRA uit 1875 eer, staan GeRAT vandag as ‘n simbool van daardie erfenis, waar ons passie vir Afrikaans en sy kultuur voortduur. Deur op hierdie geskiedenis te bou, aanvaar ons die plig om die hart van Afrikaans vir toekomstige generasies te bewaar en te versterk en, 145 jaar later, bly ons standvastig en toegewyd aan die taal en kultuur wat ons so liefhet.

About the Author

Follow me


{"email":"Email address invalid","url":"Website address invalid","required":"Required field missing"}