As lid van GeRAT en die AON kry jy die geleentheid om die spogplakkaatreeks, Verruklike Afrikaans, gratis vir jou klaskmer te ontvang.
Verruklike Afrikaans is ‘n klaskamerpakket vir Graad4- tot graad 12-leerders wat deur die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) ontwikkel is en deur hulle kosteloos aan jou verskaf sal word.
’n Stel gratis plakkate word aan ’n Afrikaans-onderwyser gegee, indien sodanige onderwyser ’n lid (of die skool) van die AON sowel as lid SOS: GeRAT (onderwysers.co.za) is. Tot ’n maksimum van 5 stelle plakkate sal per skool beskikbaar gestel word. Indien nodig kan nog plakkate aangekoop word.
Die kleurvolle pakket:
- bestaan uit 26 A2-plakkate vir graad 4- tot 12-leerders (Samesteller: Marié Gräbe, afgetrede DH, AHMP).
- kan saam met die taalgids “Blits Afrikaans”, Suerette Maartens (samesteller), gebruik word.
- neem probleemareas en spesifieke foute wat in die NSS-eksamen begaan word, in aanmerking.
- bied geleentheid om van klaskamermure af skool te hou; en is saamgestel volgens KABV-vereistes, asook die NSS-voorskrifte;
- se kernaantekeninge sal “vingertippie”-kennis bevorder; en is omvattend, maar kompak aangebied.
- verduidelik taalstrukture en –konvensies deur treffende kleurespel; en verskillende lettergroottes en -tipes.
- fokus op spelling se grondbeginsels, spelling en punktuasie, klankleer, morfologie en betekenis, asook enkele idiome.
NAVRAE: Jana Terblanche (GeRAT: HOOF): [email protected] (012-612 0234), Marié Gräbe (GeRAT): [email protected]
Bronne: