SOS-netwerkaanbod

Saam bou ons skole van uitnemendheid

Ons SOS-netwerk bied ‘n volledige oplossing vir die stigting en ondersteuning van Afrikaanse skole. Deur innoverende platforms soos die Wolkskool, professionele ontwikkeling en gesonde vennootskappe, werk ons saam met gemeenskappe om nuwe skole te bou en bestaande skole te versterk. Sluit aan by ons beweging om die toekoms van Afrikaanse onderwys te verseker.

Vestiging van nuwe skole

Die SOS ondersteun gemeenskappe met die oprigting van onafhanklike Afrikaanse skole. Ons help met terreinidentifisering, projektebeplanning, infrastruktuurontwerp en die registrasie van skole. Ons bied leiding om skole suksesvol te vestig en te bestuur.

Die Wolkskool as leerbestuurstelsel

Die Wolkskool bied ‘n volledige leerbestuurstelsel wat selfgerigte leer bevorder en onderwysers help om kapasiteit te optimaliseer. Hierdie stelsel verseker volhoubare prestasie en integreer die SOS Onderrig- en Leermodel op ‘n enkele platform.

Kennis is die sleutel wat die deur na geleenthede oopmaak

Professionele ontwikkeling

Jaarlikse opleidingsgeleenthede, aanlyn en fisies, word aangebied om opvoeders en skoolleiers met die nuutste vaardighede toe te rus. SOS bied ook 15 vakverenigings vir verdere professionele ondersteuning en netwerkontwikkeling aan.

Unieke onderrig- en leermodel

Die SOS onderrig- en leermodel is saamgestel op grond van die wêreld se beste onderrigpraktyke en is ontwikkel om leerders voor te berei vir ‘n toekoms vol unieke werksgeleenthede.

Kontak ons

As jy enige vrae het of meer inligting oor die SOS benodig, vul gerus ons kontakvorm in. Ons span is gereed om jou te help en enige navrae so spoedig moontlik te beantwoord. Ons sien uit daarna om saam met jou te werk en die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys verder te bou.

Teken in op ons nuusbrief