Wanneer die onderwyser die teiken word

Gratis SOS-webinaar | 2 Desember 2026 | 10:00–12:00

’n Aanlyn webinaar deur die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) in samewerking met AfriForum, Solidariteit, Akademia en Marius Botha Konsultante.

Wat gebeur wanneer ’n onderwyser die teiken word van intimidasie, vernedering, vals beskuldigings, digitale teistering of onbillike druk?

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) nooi onderwysers, skoolleiers en ander rolspelers in onderwys na ’n praktiese webinaar oor hoe om jou regte te ken, bewyse te bewaar, ondersteuning te kry en verantwoordelik op te tree wanneer ’n situasie eskaleer.

Voltooi asseblief die onderstaande besonderhede om vir die gratis webinaar te registreer. Die inligting help die SOS om jou registrasie te bestuur, beter te verstaan wie ons deelnemers is en toekomstige ondersteuning, opleiding en navorsing meer doelgerig te ontwikkel.

SOS-webinaar — Wanneer die onderwyser die teiken word (2 Desember 2026)

1. Jou besonderhede


2. Verbintenis met onderwys


3. Skool- of instellingsbesonderhede


4. Jou rol in onderwys


5. Ervaring van die onderwerp


6. Wat wil jy graag uit die webinaar kry?


7. Vraag vir die paneel


8. Privaatheid en verwerking vir registrasie

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) respekteer jou privaatheid en verwerk persoonlike inligting in ooreenstemming met die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 4 van 2013 (POPIA).

Die persoonlike inligting wat deur hierdie vorm versamel word, kan gebruik word om jou registrasie te bestuur, met jou oor die webinaar te kommunikeer en die samestelling en behoeftes van deelnemers beter te verstaan.


9. Opsionele toestemming vir toekomstige navorsing

Help ons om die werklikheid in skole beter te verstaan. Die SOS wil deur navorsing beter verstaan watter vorme van intimidasie, teistering, konflik en professionele druk onderwysers en ander skoolpersoneel ervaar.

Antwoorde uit hierdie vorm kan, waar toestemming verleen word, saam met ander data gebruik word om tendense te identifiseer en toekomstige navorsing, opleiding, ondersteuning en hulpmiddels vir die onderwysgemeenskap te ontwikkel.

Vir navorsingsdoeleindes sal persoonlike identifiseerders, soos jou naam, selfoonnommer en e-posadres, nie deel vorm van die data wat vir ontleding of publikasie gebruik word nie. Data sal waar toepaslik geanonimiseer of gedeïdentifiseer word voordat dit vir navorsingsdoeleindes gebruik word.

Deelname aan die navorsingskomponent is vrywillig. Indien jy nie toestemming gee nie, beïnvloed dit nie jou registrasie of deelname aan die webinaar nie. Geanonimiseerde of saamgestelde bevindings kan vir navorsingsverslae, akademiese werk, opleiding, aanbiedings of publikasies gebruik word. Redelike stappe sal geneem word om te voorkom dat individuele deelnemers uit gepubliseerde resultate geïdentifiseer kan word.


10. Bly in kontak met die SOS

Die SOS bied deur die jaar opleiding, webinare, kongresse, werkswinkels, hulpmiddels, netwerkgeleenthede en relevante inligting vir skole, skoolhoofde, beheerliggame, onderwysers en ouers aan.

Jou besonderhede sal verantwoordelik en in ooreenstemming met POPIA hanteer word en behoort nie vir onverwante doeleindes gebruik te word sonder ’n geldige grondslag nie. Jy kan jou toestemming vir toekomstige kommunikasie enige tyd terugtrek of versoek om van die betrokke kommunikasielys verwyder te word. Indien jy nie toestemming gee nie, beïnvloed dit nie jou deelname aan hierdie webinaar nie.


11. Kommunikasievoorkeur


12. Toekomstige opleidingsbelangstellings


13. Hoe het jy van die webinaar gehoor?


Registrasie0%
Teken in op ons nuusbrief