Skoolsport gaan oor veel meer as net wen. Dit behoort karakter, dissipline, spanwerk, selfvertroue en veerkragtigheid te ontwikkel – maar dit gebeur slegs wanneer sport doelbewus, verantwoordelik en opvoedkundig bestuur word.
’n Sterk sportbeleid help ’n skool om duidelike grense te stel oor onder meer ouerbetrokkenheid, afrigting, speeltyd, werwing, beurse, borgskappe en die gebruik van hulpbronne.
Die belangrikste beginsel bly eenvoudig: die kind se totale ontwikkeling moet altyd eerste kom. Akademie bly die skool se kernbesigheid, terwyl sport dit moet ondersteun en verryk.
Die SOS se volledige riglyne bied praktiese leiding om ’n gesonde sportkultuur te bou waarin uitnemendheid nagestreef word sonder dat prestasie ten koste van die kind kom.
Wil jy die volledige dokument ontvang?
Vul jou besonderhede hieronder in en laai die riglyne af: