SOS Kalender

Bou, leer en groei

By die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) glo ons dat sterk skole gebou word deur mense toe te rus, kennis te deel en geleenthede vir ontwikkeling te skep. Daarom fokus ons op drie kernbeginsels: Bou, Leer en Groei. Ons bou volhoubare skole en sterk onderwysnetwerke, ons leer saam deur gehalte-opleiding, kundigheid en praktiese ondersteuning, en ons groei deur mense, skole en gemeenskappe te versterk om met vertroue die toekoms van gehalte Afrikaanse onderwys te vorm en volhoubaarheid te verseker. Ontdek ons komende opleidingsessies, kongresse, webinare en ander geleenthede hieronder en raak deel van ’n netwerk wat saam aan uitnemende onderwys bou.

Beplan vooruit

Elke leerder, 'n bousteen vir 'n sterker gemeenskap

Onnieveerder: Skool van die jaar 2026

Vanjaar soek ons na die Onnieveerder-skool wat die standaard vir moderne onderwys stel. Dit gaan oor skole waar innoverende praktyke deel van die DNA is. Deur nuwe metodes te verwelkom, inspireer hierdie skole hoër akademiese prestasie en vorm hulle leerders tot vindingryke denkers wat gereed is vir die toekoms.

Hou die spasie dop!