Basislynassessering

Toets jou leerders se gereedheid vir 2025

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) bied in 2025 ‘n unieke geleentheid aan skole om hul leerders se bestaande kennis en begrip deur ʼn basislynassessering te toets.

Die assesserings is opgestel vir leerders in grade 5 tot 10 vir Afrikaans Huistaal en Wiskunde.

Ter wille van Engelse leerders in parallel- of dubbelmediumskole is die Wiskunde-assessering ook in Engels beskikbaar.

Registrasies nou oop

Registreer nou deur die vorm hieronder in te vul!

Die assesserings is ‘n waardevolle hulpmiddel vir onderwysers om akademiese sterkpunte en areas vir verbetering te identifiseer om hul onderrig vir 2025 daarvolgens aan te pas.

Die registrasieproses is eenvoudig maar eksklusief vir SOS-lidskole ( Wolkskool-skole en SOS-Netwerkskole ingesluit). Geen individue kan registreer nie. Nie-lidskole moet ook registreer en betaal vir SOS-lidmaatskap voordat hulle leerders die basislynassesserings kan skryf (sien die stappe hieronder).

Deelnemende skole kan die basislyn doen op enige datum wat hul die beste pas tussen 8 Januarie 2025 en 28 Maart 2025.

Verdere instruksies sal per e-pos aan skole wat vir die SOS-Basislynassessering geregistreer het, gestuur word.