Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) spog tans met 14 verenigings.
Visie
Die visie van die Opleidingsafdeling van die SOS is om die beste gehalte opleiding en hulpbronne vir Afrikaanse onderwysers in Suid-Afrika te bied en sodoende Afrikaanse onderrig van wêreldgehalte te behou en te verseker.
Missie
Om deur middel van vakverenigings goeie gehalte hulpbronne aan lede te verskaf, tesame met goeie gehalte opleiding tydens ontbyte, middagseminare, eendagseminare en kongresse. Tydens die Covid-inperking bied die vakverenigings GRATIS hoë-gehalte webinare aan waarvoor onderwysers kan SACE-punte verdien.
Sluit aan by 'n SOS-vereniging
Elke vereniging bied unieke voordele soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle met nasienriglyne en word aan lede beskikbaar gestel deur die onderwysportaal (onderwysers.co.za).
Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV)
Afrikaanse Handelsvakvereniging (AHV)
Algemene Onderwysvereniging (AOV)
Dr. Japie van Zyl-robotikavereniging (JAPIE)
Leierskapsvereniging (LV)
Tegniese Vakke-vereniging (TV)
Engels Eerste Addisionele Taal Vakvereniging (ENG)
Genootskap vir regte Afrikaanse Taalonderwysers (GeRAT)
Afrikaans Huistaal: Graad 4 – 12
Afrikaans Eerste Addisionele Taal: Graad 4 – 12
E-pos: [email protected]