Oor Ons

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum

Beskerm en bou aan die toekoms van Christelike, Afrikaanse Onderwys.

Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te help verseker deur gehalte onderrig wat reeds bestaan in stand te help hou, én waar nodig nuut te bou. Ons werk om Afrikaanse onderwys van wêreldgehalte in die langtermyn volhoubaar en bekostigbaar te maak, in openbare sowel as onafhanklike skole.

Ons Beleid

Die opvoedingsideaal

Die SOS se opvoedingsideaal is om leerders in verwondering te laat oor die ware, die goeie en die skone. Dit is die verwoording van ons lewens-en wêreldbeskouing; ’n breë raamwerk wat elke aspek van ons onderrig en leer rig, en dit met ons volle menswees in balans bring. Dit is die ideale einddoel wat die rigting en doel van onderrig en leer bepaal.

Die visie

Die skep van onsagwekkende Leerervarings™ waardeur elke Afrikaanse leerder en opvoeder hul volle potensiaal ontsluit om ’n betekenisvolle verskil in hul gemeenskap en in die wêreld te maak.

Die missie

Die SOS se missie met die Onderrig- en Leermodel is om die SOS te ondersteun in die daarstel van ’n gemeenskapsnetwerk van uitnemende Christelike Afrikaanse onderwys, vanuit en vir die Afrikaanse taal-en kultuurgemeenskap.

SOS-span

Samewerkend en toegewyd aan kwaliteit

Ons span bestaan uit toegewyde professionele persone wat ‘n gedeelde passie het vir onderwys en gemeenskapsontwikkeling. Elkeen bring hul unieke vaardighede en kundigheid om die missie van die SOS uit te voer – om gehalteonderrig vir Afrikaanse leerders landwyd te bevorder. Met jare se ervaring in die onderwysveld, werk ons span onverpoos om oplossings te bied wat bydra tot die sukses van leerders en onderwysers

Elke leerder, 'n bousteen vir 'n sterker gemeenskap

SOS-netwerkaanbod

Afrikaanse onderwys netwerk

Deur ons SOS-netwerkaanbod bied ons ‘n uitgebreide platform vir Afrikaanse skole en gemeenskappe. Ons fokus op vennootskappe met skole en gemeenskappe, wat alles insluit van professionele ondersteuning tot innovasies in die leeromgewing. Hierdie netwerk verbind skole landwyd en skep ‘n sterk grondslag vir samewerking en groei.

SOS-skenkingsfonds

Bou saam aan die toekoms van onderwys

Ons SOS-skenkingsfonds speel ‘n kernrol in die volhoubaarheid en uitbreiding van ons projekte. Met die hulp van skenkings kan ons verseker dat Afrikaanse onderwys bly voortbestaan en ontwikkel. Elke bydrae maak ‘n verskil en help ons om die gehalte van Afrikaanse onderwys te verbeter.