Oor Ons
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum
Beskerm en bou aan die toekoms van Christelike, Afrikaanse Onderwys.
Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker deur gehalteonderrig wat reeds bestaan in stand te hou, én waar nodig, nuwe geleenthede te skep. Ons streef daarna om leerlinge, onderwysers en ouers landswyd te ondersteun en te bemagtig.
SOS-span
Samewerkend en toegewyd aan kwaliteit
Ons span bestaan uit toegewyde professionele persone wat ‘n gedeelde passie het vir onderwys en gemeenskapsontwikkeling. Elkeen bring hul unieke vaardighede en kundigheid om die missie van die SOS uit te voer – om gehalteonderrig vir Afrikaanse leerders landwyd te bevorder. Met jare se ervaring in die onderwysveld, werk ons span onverpoos om oplossings te bied wat bydra tot die sukses van leerders en onderwysers
Elke leerder, 'n bousteen vir 'n sterker gemeenskap
SOS-netwerkaanbod
Afrikaanse onderwys netwerk
Deur ons SOS-netwerkaanbod bied ons ‘n uitgebreide platform vir Afrikaanse skole en gemeenskappe. Ons fokus op vennootskappe met skole en gemeenskappe, wat alles insluit van professionele ondersteuning tot innovasies in die leeromgewing. Hierdie netwerk verbind skole landwyd en skep ‘n sterk grondslag vir samewerking en groei.
SOS-skenkingsfonds
Bou saam aan die toekoms van onderwys
Ons SOS-skenkingsfonds speel ‘n kernrol in die volhoubaarheid en uitbreiding van ons projekte. Met die hulp van skenkings kan ons verseker dat Afrikaanse onderwys bly voortbestaan en ontwikkel. Elke bydrae maak ‘n verskil en help ons om die gehalte van Afrikaanse onderwys te verbeter.