Johan Koekemoer – Hoof van Onderrig & Leer
6 April 2022
Ons almal weet dat die regte waardes belangrik is vir gesonde dissipline en die bou van ‘n goeie karakter. Ons kan danksy hierdie waardes spog met kinders wat die wêreld suksesvol betree, maar ons weet ook dat die druk vanuit verskeie oorde die heeltyd op daardie einste waardes vergroot.
Dit is daarom hoogtyd dat ons binne hierdie toenemend veranderende wêreld weer ‘n bestekopname van ons benadering doen. Die vraag wat ek dus in hierdie webinaar sal probeer beantwoord, is:
Hoe lyk ‘n effektiewe dissiplinestelsel vir die ontwikkeling van waardegedrewe leerders?
* * *