SOSV’s kry spesiale behandeling

Die Skoleondersteuningsentrum se hande en voete in skole is ons SOS-verteenwoordigers (SOSV’s). Hierdie onbaatsugtige onderwysers skrik nie vir harde werk nie en daarom het die SOS hierdie onderwysers bederf met ’n heerlike seminaar en motiveringspreker.

Elsabe Aldrich, bekende motiveringspreker het die onderwysers vertel wat die geheim is om ‘n “sappige” onnie te wees.

Na daar heerlik gekuier en gelag is, is die SOSV’s ’n lusmaker van die splinternuwe Onderwysersportaal (www.onderwysers.co.za) gewys wat op 1 Desember 2019 ingelyf gaan word.

Die Onderwysportaal, saam met die SOSV’s verseker dat alle lede van die SOS se vakverenigings op hoogte is van alle nuus en inligting oor die SOS en ook maklik en gerieflik toegang kry tot die nuutste hulpbronne vir die onderskeie vakrigtings.

Stel jy belang om ’n SOSV te word? Hier is die grootste voordele:

  • R500-afslag te gee op die SOSV se kongres-inskrywingsfooi indien die SOSV een van die jaarlikse SOS-onderwyskongresse bywoon.
  • Gratis lidmaatskap tot enige SOS-vakvereniging (ledegeld vir 2020 is R239 per lid per vakvereniging per jaar) toe te staan.
  • Gratis opleiding by SOS-middagseminare te gee.
  • Eksklusiewe toegang tot die nuutste inligting vanaf die SOS en ander organisasies in die SOlidariteit Beweging.

Die SOS is tans besig met die finale aanpassings en verbeteringe aan die Onderwyserportaal. Lede sal in kennis gestel word sodra dit gereed is vir her-registrasie vir 2020.

Ons gaan hierdie jaar Kuber-Maandag-afslag hê op, 2 Desember 2019 i.p.v. die gebruiklike Black Friday. Slegs skole met ‘n SOSV (Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger) sal kwalifiseer vir die 10%-afslag vir 2020-lidmaatskap.

Neem asseblief kennis dat as jou skool nog nie ‘n SOSV het nie, julle nou nog kan aansoek doen. Vir meer inligting kontak Colette Scott op 012 612 0234 of stuur ‘n E-pos na [email protected]. Of laai sommer die aansoekvorm direk hier af en stuur dit vir Colette Scott.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Moenie toelaat dat huidige ekonomiese en politieke realiteite jou toekomshoop laat ontspoor nie.

Sluit vandag aan by die Skole-ondersteuningsentrum.