Blog

Assessering in die grondslagfase: Reg of weg?

Assessering is ’n woord wat ’n mens dadelik in angssweet laat uitslaan as jy ’n grondslagfase-onderwyser is.  Jy besef dat jy vir ten minste ’n week lank, elke aand tot ná 11 uur asook die komende naweek gaan sit en nasien.  Jou keel trek toe en jou vingers kramp reeds.

Assessering bepaal of Sarel moet herhaal en of hy slaag.  Assessering bestaan uit verskeie soorte toetse, ongeag hulle doelwit, alle toetse is metingsinstrumente.

Ouers raak ook paniekerig en kan in ’n selfopgelegde Sersant-majoor verander. Dit is wanneer kinders angstigheid ontwikkel as gevolg van volgehoue druk van ouers en onderwysers om te presteer. (Navorsing deur Murdoch Universiteit)

Die waarde van assessering moet nie onderskat word nie.  Assessering in die grondslagfase dien die volgende doel:

  • ’n Onderwyser kan bepaal watter leerder nog hulp nodig het en in watter leerarea.
  • ’n Onderwyser kan ook bepaal watter onderrigstrategieë geslaagd was of nie. Sy moet dit dan ook dienooreenkomstig verander.
  • Die leerder kan ook bepaal aan watter vaardigheid hy/sy nog aandag moet gee.
  • Die skoolbestuurspan kan bepaal watter strategieë in die komende jaar gevolg moet word om akademiese prestasies te verbeter.
  • Om te leer vir ’n toets verbeter ook ’n leerder se konsentrasie.

In Suid-Afrika word egter te veel klem gelê op formele assessering in die grondslagfase. Assessering moet meer informeel en geïntegreerd toegepas word. Daar is ook verskeie soorte instrumente en kan meer gebalanseerd gebruik word, soos bv. diagnostiese assessering, formatiewe assessering en summatiewe assessering.

Tegnologie moet ook meer ingespan word om assessering makliker en vinniger te maak. Daar is verskeie TOEPS wat gebruik kan word om assessering vir die onderwyser makliker en vir die leerder meer interessant te maak bv. Plickers, Kahoot en Google Forms

Assessering het ’n funksie om te verrig. Dit is nodig om onderrig te verbeter, maar ook om leerlinge aanspreeklik te hou vir hulle eie leer. 

Die artikel is geskryf deur Marnelda de Beer, Hoof van die Afrikaanse Grondslagfase-vereniging  (AGV)

Die Afrikaanse Grondslagfasevereniging (AGV) is in 2017 deur die SOS op die been gebring. Die doel van hierdie vereniging is om onderwysers wat betrokke is by grondslagfase-onderrig van Gr RR tot Gr3 te versterk tydens hierdie kritiese fase van kinders se ontwikkeling. gelukkige, goed toegeruste onderwysers se entoesiasme aansteeklik en syfer dit ongetwyfeld deur na die leerlinge.

Individuele lidmaatskap per onderwyser per jaar (skool betaal) – R239 Individuele lidmaatskap per onderwyser per jaar (betaal self) – R409. Lidmaatskap: Slegs vir onderwysers verbonde aan ’n skool, tuisskoolouers, studente en onderwysassistente.

Studente en onderwys-assistente mag gratis aansluit.

VOORDELE VAN LIDMAATSKAP:

  • Alle hulpbronne soos werkkaarte, toetse en eksamenvraestelle per vakverenigings waar individue aangesluit het.
  • Toegang tot die SOS se onderwyser-portaal met alle voordele wat daardeur aangebied word.
  • Gratis bywoning van middagseminare (waarde – R250 per seminaar).
  • Gratis aanlyn SARO-kursusse(SACE) (waarde – R200 per kursus).
  • Afslag by kongresse (waarde – R300 per dag).
  • Voordele vir die Skoleondersteuningsentrum-verteenwoordiger (SOSV): gratis lidmaatskap by een vakvereniging en afslag by die kongres (waarde – R500 vir die kongres en R200 vir lidmaatskap).

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]