Blog

Besigheidsbytjies se besigheidsplan: Ontwikkel jou besigheidsidee (Deel 1)

Besigheidsbytjies in ’n inisiatief van AfriForum. Deur Leandie Bräsler

Daar is baie kinders daarbuite wat hulle eie besighede het. Om met jou eie besigheid te begin het jy eerstens ’n uitstekende idée vir ’n besigheid nodig en tweedens ’n soliede besigheidsplan. ’n Besigheidsplan kan gekompliseerd raak, maar dit hoef ook nie te wees nie. Solank jou besigheidsplan ’n paar noodsaaklikhede bevat, het jy alles wat jy nodig het om te maak sommer nou al van die ekstra tyd gebruik om aan jou besigheid te werk en maak seker dat jy vanaf 1 April tot 31 Julie 2020 vir AfriForum en AfriVriendelik se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie inskryf. Hierdie kompetisie word aanlyn gedryf op  www.besigheidsbytjies.co.za en inskrywings is absoluut gratis. Laerskoolleerders en Graad 8-en-9 leerders kan hiervoor inskryf! Daar is groot pryse op die spel!

Hier is ’n paar wenke om jou besigheidsidee te ontwikkel:

Deel 1: Ontwikkel jou besigheidsidee

1 Skryf ’n besigheidsplan neer

In ’n besigheidsplan word daar uiteengesit hoe jou besigheid ’n wins gaan maak en watter tipe produkte of dienste jy gaan verskaf/lewer. Deur ’n besigheidsplan op te stel kan jou help om jou besigheid so te beplan sodat jy nie net blindelings werk nie, maar na ’n doel toe werk. Dit kan jou ook help om die koste van die opstel, sowel as die bestuur van jou besigheid te bepaal sodat daar nie onverwagse kostes opduik nie. ’n Besigheidsplan sal ook vir ander en vir jouself wys dat jy regtig ernstig is om ’n besigheid te begin.

2 Skryf al jou moontlike besigheidsidees neer

Dink aan al die spesiale vaardighede wat jy het en oorweeg ook die tipe besigheid wat die produk/diens sal voorsien wat jou dorp of gemeenskap nodig het. Jy moet ook dink aan die hoeveelheid vryetyd wat jy in jou daaglikse skedule het om jou aan jou besigheid toe te wy.

  • Is jy tans besig met skool of het jy vakansie? Dink oor wanneer die werk van jou besigheid gedoen sal word.
  • Oorweeg besigheidsidees wat seisoenaal is, soos bv. as dit naby kersfees is, moet jy aan idees dink vir daardie teikenmark, soos om geskenkpapier te voorsien en om vir mense geskenke toe te draai of om geskenkpakkies of bokse te maak.
  • Dalk is dit in die middel van die somer en dan kan jy dalk ’n lemonadestalletjie hê in die omgewing waar jy bly. 

3 Besluit of jy ’n produk wil verskoop of diens wil verskaf/lewer

Soos jy jou lysie opstel, dink aan wat elkeen van hierdie idees sal offer – ’n produk of ’n diens. Skep jy iets wat jy sal kan verkoop? Of voer jy ’n spesifieke aksie uit waarvoor jy kan geld vra?

  • Voorbeelde van produkgedrewebesighede: koekies bak, die bou van voëlhuisies, die maak van geskenkmandjies, verkoop van lekkers, die skep van geskenkkaartjies en om hondjie-lekkernye te maak.
  • Voorbeelde van diensgedrewebesighede: om karre te was, om troeteldiere op te pas, om babas of kleinkinders op te pas, om huise skoon te maak, om mense se honde te vat vir ’n stappie, grasperkversorging (sny iemand se gras), rekenaarherstelwerk en om rekenaarvaardighede vir ouer mense te leer, om net ’n paar te noem.
  • Jy moet buite die boks dink!

4 Kies die idee wat die beste by jou vaardighede pas

Is jy dalk baie goed in tegnologie en mal daaroor om met rekenaars te werk? Dit sal dan goed wees vir jou om ’n rekernaarherstelwerk-diens of die opstel van toestelle as diens te lewer en te begin.

  • Is jy dalk baie life vir diere? Oorweeg dit dan om dienste aan te bied waar jy na mense se troeteldiere kyk?
  • Miskien is jy handig en kunsinnig en jy hou dalk daarvan om hangemaakte juwele of geskenkmandjies te maak. Hierdie produkte is wonderlik om te verkoop.

5 Besluit op ’n naam vir jou besigheid

Wanneer jy eers weet wat jou idee is, moet jy daarna besluit wat die naam van jou besigheid moet wees. ’n Goeie besigheidsnaam moet beskryf wat jou besigheid bied. Dit moet ook ’n naam wees wat mense maklik sal onthou.

  • Maak dan ook seker dat jou besigheid se naam maklik genoeg is om uit te spreek. Slim en unieke besigheidsname werk altyd goed.
  • Onthou net dat die naam verband moet hou met wat jou besigheid behels (die produk wat jy verkoop of die diens wat jy lewer) .

6 Skryf ‘n kort paragraaf oor wat jou besigheidsidee en –doelwitte behels

As ‘n toekomstige besigheidseienaar, moet jy jou besigheid van binne tot buite ken. Jy sal dit ook maklik moet kan verduidelik en sê waaroor dit gaan as ander mense jou daaroor uitvra – daarom is dit belangrik om jou besigheidsidee neer te skryf/ dit te verwoord.

  • Beskryf wat jy gaan bied en waarom jou besigheid ’n goeie idee is.
  • Lys ook enige spesifieke doelstellings vir jou besigheid.
  • Skryf neer wat jy dink jou produk/diens uniek maak.

Laai gerus gratis AfriForum en AfriVriendelik se Besigheidsbytjie-gids hier af waar jy solank aan jou besigheidsplan kan begin werk: https://www.besigheidsbytjies.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Besigheidsbytjie-gids.pdf