Blog

14 Maart is Wêreld Pi-dag!

Kweek liefde vir Wiskunde by jou leerders!

Die VAW daag elke leerder van jou skool uit om te kyk wie die meeste desimale syfers van Pi kan opnoem.

Neem ‘n video van jou skool se wenner en plaas dit op die skool se Facebook-blad. Tag die VAW en die Wolkskool.

Die leerder wat die meeste desimale syfers van Pi kan opsê, wen ‘n jaar gratis Wolkskoollidmaatskap.

Die wenner se Wiskundeonderwyser kry ‘n jaar gratis lidmaatskap by die VAW.

Die huidige Guinness-wêreldrekord word gehou deur Lu Chao van China, wat in 2005, 67 890 Pi desimale syfers opgesê het.

Kompetisiereëls:

  1. Leerders moet die Pi (syfers/getalle) uit hulle kop kan sê en nie aflees nie.
  2. Die video moet op die skool se Facebook-blad geplaas word.
  3. Die VAW en Wolkskool moet ‘getag’ word.
  4. Die video moet op 14 Maart 2022 geplaas word.
  5. Die wenner sal geverifieer word.
  6. Toestemming om leerder op Facebook te plaas moet deur die skool behartig word.