Blog

Waarom ‘n hoë waterrekening skole meer as net geld kos

Op 22 Maart vier ons Internasionale waterdag en besef ons weereens dat Suid-Afrika een van die 30 droogste lande ter wêreld is. Ten spyte hiervan gebruik die gemiddelde Suid-Afrikaner 237 liter water per dag, teenoor die wêreldgemiddeld van 173 liter.

Met wateronderbrekings wat al hoe meer algemeen raak, is dit tyd dat ons in meer diepte kyk na die probleem en wat daaraan gedoen kan word. 

Gauteng se waterbron is die Geïntegreerde Vaalrivierstelsel, wat elke jaar ‘n vasgestelde hoeveelheid water aan Gauteng kan verskaf.  Met klimaatsverandering, bevolkingsgroei en verouderde infrastruktuur, sal Gauteng sy eie ‘Day Zero’ bereik in die volgende 5 tot 7 jaar.  Vervalle munisipale infrastruktuur is verantwoordelik vir tussen 30-40% van varswaterverliese (voordat dit by die watermeters aankom), met ‘n verdere 35% verlies ná die munisipale watermeter.  Gauteng se aanvraag is jaarliks 17% meer as wat Rand Water en die IVRS kan verskaf. 

Suid-Afrikaners moet ‘n fundamentele verandering in ons verhouding met water maak. Hierdie is ‘n probleem wat alle Suid-Afrikaners raak en indien ons nie self iets begin doen ten opsigte van die oplossing nie, gaan óns met die gebakte pere sit.  Skole is tradisioneel hoë-watergebruikers, maar in dieselfde asem ‘n wonderlike geleentheid vir bewusmaking, sowel as om kennis oor te dra aan die leerders, onderwysers, skoonmaak- en sekuriteitspersoneel oor hoe eenvoudige aksies die grootste verskil kan maak.  

Eenvoudige wenke oor hoe om water te bespaar by ‘n skool:

  1. Kyk of die meter draai en stuur elke maand jou lesings in;
  1. Neem ‘n lesing laatmiddag en weer die volgende oggend vroeg.  Indien daar meer as 100 liter water in die tussentyd deur die meter is, dui dit op ‘n lek.  Vra sekuriteitspersoneel om te help, betrek hulle by die probleem en oplossing;
  1. Kyk na die besproeiingstye.  Is dit geoutomatiseer en word daar moontlik oorbesproei?
  1. Is daar enige toilette wat lek, krane wat nie behoorlik toemaak nie?  Betrek die skoonmaakpersoneel – hulle is die oë en ore in die badkamers;
  1. Maak seker die boorgatpomp werk en dat die tenks nie oorloop nie;
  1. Moet nooit plaveisel en gange skoonspuit met water nie, gebruik ‘n besem.

‘n Toilet wat vashak kan tot en met 400 liter water per uur mors.  As die watertoevoer na daardie toilet op ‘n Vrydagmiddag toegemaak word deur ‘n skoonmaker/faktotum/leerder/onderwyser, word daar oor een naweek genoeg water gespaar vir ‘n gesin van 4… vir ‘n hele maand!

Waterbesparing is iets wat na aan almal se harte lê.  Dit is ‘n probleem wat deur ras en politiek sny en het die vermoë om mense by mekaar te bring.

“Die ware koste van water word gemeet in liters en lewenskwaliteit, nie Rande nie.”

Die artikel is saamgestel deur Erick Francis van OURWater.

OURWater (Pty) Ltd help besighede en skole om hul eie gebruikspatrone te verstaan en areas te

Ourwater (Pty) Ltd help besighede om hul eie gebruikspatrone te verstaan en areas te indentifiseer
waar water moontlik, met meer oorgawe as nodig, gebruik word. Om waterverbruik op ‘n
volhoubare manier te verlaag en spaar glo ons in bewusmaking en opleiding. Dit is belangrik dat
almal verstaan waarom ons water moet spaar en dat dit ons almal se plig en verantwoordelikheid
is om by te dra tot die oplossing.


Ons volg drie basies stappe ten einde ons doel te bereik: Meet, Optimiseer, Spaar

Kontakbesonderhede
076 106 16 41
[email protected]
[email protected]

Teken in op ons nuusbrief