Ons het gaan kers opsteek by van ons top Onnieveerders vir 2022 sodat ons hulle beter kan leer ken.
Corlia Agenbag
Hoërskool Pretoria-Noord
1. Hoe lank is jy al in die Onderwys?
32 ½ jaar.
2. Watter vakke bied jy aan en vir watter grade?
Fisiese Wetenskappe vir graad 11 en 12.
3. Wat is die hoogtepunt van jou werksdag?
Enige “A ha”- oomblik vanaf ‘n leerder.
4. Wat dink jy is die rol van tegnologie in die klaskamer?
Om nou aan te sluit by die verwysingsraamwerk van vandag se tieners en om onderwysers se werk te vergemaklik en tot hulp en ondersteuning te wees.
5. Hoe dink jy gaan onderwys in die volgende vyf jaar verander?
Onderwys verander elke jaar……dus onseker van die verandering maar onderwysers is baie aanpasbaar en ons sal saam verander.
6. Wat maak jou opgewonde oor die toekoms van onderwys?
Ons moet die verandering bring in Suid-Afrika deur ons leerders te bemagtig en te motiveer en inspireer vir hulle toekoms.
7. Lys vyf byvoeglike naamwoorde om Die Wolkskool te beskryf.
Maklike, unieke, praktiese, duidelike, effektiewe akademiese Wolkskool.
8. As jy die antwoord op een vraag oor jou toekoms kon leer, wat sou dit wees?
Hoe gaan my toekoms uitspeel en waar gaan ek aftree?
9. Watter vreemde of nuttelose talent het jy?
Kan gemors of goed wat deurmekaar is baie gou en maklik uitsorteer.
10. As jy ‘n superheld kan word, wat sal jou spesiale talent wees?
Gedagtes kan lees.