Blog

Podvoeding S02E01: Die toekoms van die grondslagfase

Gespreksleier: Johan Koekemoer

Gespreksgenoot: Marietjie Havenga

Meesteronderwyser en skoolhoof

Vroeë kinderontwikkeling en die grondslagfase is in die onderwyssektor amper ʼn soort heilige plek. Dit is daardie eerste jare van kleuterskool en “grootskool” wat die grondslag van ons kinders se akademiese geletterdheid vorm en die uitwerking wat ʼn opvoeder en onderrigstrategieë op daardie jonges het, is groot.

Ons gesels met Marietjie oor kinders wat hulle eie huiswerk uitdink sonder om eers gevra te word, oor hoe ons rapporte beter kan aanwend, oor die brandweer se rol by lesse en vele meer.

Marietjie, Charlotte en Johan in die ateljee

Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-die-toekoms-van-die-grondslagfase

Luister na Podvoeding op al die groot platforms!