Gespreksleier: Johan Koekemoer
Gespreksgenoot: Hendrik de Kock
Assesseringspesialis by die SOS
Die woorde “assessering” en “toetse” word deesdae sommer oor dieselfde kam geskeer.
Hendrik de Kock, die gasspreker vir hierdie episode, sal die Podvoeding-span se stem kry as die minister van assessering, sou daar ooit so ʼn pos geskep word.
In dié episode gesels ons oor die hede, die verlede en die toekoms van assessering en ons droom saam oor die krag wat goeie assessering in die blink toekoms van Afrikaanse onderwys kan hê.
- Skink ʼn koppie boeretroos en kom luister saam na die volledige gesprek oor die toekoms van onderwys boaan hierdie teks.
Skakel na Maroela Media-artikel: https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/luister-goeie-assessering-is-deel-van-n-blink-onderwystoekoms
Luister na Podvoeding op al die groot platforms!