Innoverende leerruimtes is van kritieke belang vir vernuwende onderwys. Die dae van rigiede en onbuigsame klaskamers is verby. Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se model het ten doel om leerruimtes te skep wat buigsaam en aanpasbaar is. Hierdie ruimtes bied opvoeders die geleentheid om ’n verskeidenheid onderrigstrategieë en -aktiwiteite toe te pas wat aktiewe leer, groepwerk, asook tegnologiegebruik bevorder. Dit skep ’n omgewing waarin leerders vry en veilig kan leer en ontdek.