2019 se derde uitgawe van Bankvas vertel alles oor ons onlangse kongres, nuttige Wiskunde-apps en alles wat jy moet weet oor die gebrek aan veiligheid in skole. Die nuusbrief bevat ook wenke vanaf ervare skoolhoofde oor hoe hoofde hul tyd beter kan bestuur en belangrike datums vir die SOS se opleidingsessies. Hierdie kwartaal se uitgawe sluit ook die program in vir ons robotikasmeniaar en daarmee saam ook sommer artikels oor robotika en geïntegreerde leer. Belangrik is ook die SOS se konsep taalbeleid wat uit regsadvies opgestel is en gebruik kan word deur skole.