Blog

5 wenke vir huiswerk

deur Mariesa Candiotes, Wolkskool-dosent

Navorsing, toon die belangrikheid dat kinders van ‘n vroeë ouderdom, reeds onafhanklikheid moet aanleer. Daarmee bestaan daar ‘n sterk korrelasie tussen hierdie vaardigheid en kinders wat gemotiveerd is en meer belangstelling toon in hul eie leerervaring tesame met die feit dat kinders se fokus word dus gerig op hul eie leer uitkomste, hulle neem verantwoordelikheid vir hul eie ‘werk’ en ontwikkel kennis, gebasseer op hul eie ervaring. Daarom word daar kinders gekweek wat ondersoek instel, kritiese denke toepas, hoër vlakke van tydbestuur toon en die broodnodige sagte vaardighede (sleutelvaardighede) ontwikkel wat hul toekoms-gereed maak.

Hoe gemaak om hierdie onafhanklike leer daar te stel?

Dr Robyn Silverman, van die oganisasie KnowMore, bied vyf wenke vir die ontwikkeling van selfgerigte/onafhanklike leer.

1. Glo in jou kind se vermoë

Ouers wat elke dag met huiswerk en projekte help, kan eintlik meer skade berokken as goed doen. Dus is dit belangrik dat jou kind moet weet, jy glo in sy/haar vermoë en is beskikbaar vir enige leiding/hulp indien dit nodig is. Maak dit van die begin af duidelik dat jy wil eerder hê hulle moet self, deur die struikkelblokke werk, omrede hulle die werk beter sal verstaan en ‘n dieper kennis sal ontwikkel.

2. Fokus op vordering en die proses eerder as om elke 80% te beloon

Ons is so ingestel om ons kinders se resultate te beloon dat ons vergeet hoe belangrik die vordering tydens die proses van selfgerigte leer is. Loof jou kind se vordering, omrede dit sy/haar gemotiveerd sal hou en ‘n werkstrots skep.

3. Skep ‘n ideale leeromgewing

Kinders leer in verskillende omgewings, maar waak daarteen om hierdie besluit as ouer te neem. Maak jou kind deel van die besluit oor waar hulle wil huiswerk doen of studeer, watter hulpbronne hulle benodig, byvoorbeeld kleur kartonne, prente ens. Die kombuistafel is byvoorbeeld, nie ‘n geskikte leeromgewing nie. Daar is niks fout met klassieke musiek in die agtergrond nie, maar laat hulself die leeromgewing skep waarmee hulle gemaklik is.

5. Maak jouself uit die voete

Hier kom die groot uitdaging! Dit is belangrik dat ouers met ‘n konstruktiewe oog die huiswerktyd benader, maar om oor te neem en dit selfs vir hulle te doen, doen meer skade as goed. Neem eerder die rol van die sogenoemde ‘guide on the side’ in en laat hulle onafhanklikheid ontwikkel. Navorsing bewys dat onafhanklike kinders ontwikkel in selfversekerde volwassenes wat in hulself glo, ‘n positiewe bydra tot die samelewing lewer en met gemak struikkelblokke oorkom.

Dis mos wat ons vir ons kinders wil hê? Of hoe?

Die Wolkskool is ’n nuwe generasie leerplatform vir leerders. Onderwysers en ouers word ingelig, bemagtig en betrek by hul kinders se vordering. Leerders kan ter enige tyd leerinhoud bemeester deur middel van hoë kwaliteit videolesse, assesserings asook ondersteunende lesmateriaal in vakke soos Wiskunde, Wetenskap en Afrikaans Huistaal – gebaseer op die KABV-kurrikulum, in Afrikaans, alles teen ’n fraksie van die koste wat ekstra klasse sou kos.

Ontvang ons nuusbrief

En bly op die voorpunt van onderwys in Afrikaans
[gravityform id=36 title=false description=false ajax=true tabindex=49]